Successfully reported
+118

Oudewerfskloof Olyfplaas

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: GK14 River Road, Stilbaai Wes, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 610 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Oudewerfskloof Olyfplaas bied verblyf op 'n olyfplaas 9 km buite Stilbaai. Die plaas spog met 'n skilderagtige uitsig oor die Goukourivier en is die ideale verblyf vir sakereisigers sowel as vakansiegangers.

Verblyf is beskikbaar in 1 losstaande huis of 4 eenhede. Hierdie verblyf maak van sonkrag gebruik en gaste word nie deur beurtkrag geaffekteer nie.

The Loft is 'n drieslaapkamerhuis met trappe en bied slaapplek aan 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite badkamer met 'n stort en 'n bad. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste in hierdie kamers deel 'n badkamer met 'n stort. Die oopplan-kombuis is volledig toegerus.

The Pressroom 1 en 2 het elk 'n koninggrootte-bed. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Ander geriewe in die kamers sluit 'n kombuis, eetarea en 'n sitarea in. Daar is ook 'n enkelslaapbank in die sitarea en die eenheid het braaigeriewe en 'n stoep. The Pressroom 3 het 2 enkelbeddens en 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Ander geriewe in die kamer sluit 'n kombuis, eetarea, stoep, braaigeriewe en 'n sitarea in.

Die Boord beskik oor 3 slaapkamers met luukse slaapplek vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed asook 'n en-suite badkamer met 'n bad en stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens met 'n en-suite badkamer wat bestaan uit 'n bad en 'n stort. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed met 'n en-suite badkamer wat net 'n stort het. Daar is 'n stort, toilet en 'n wasbak in die badkamer. Ander geriewe sluit 'n sitarea, eetarea, -kombuis, stoep en braaigeriewe met 'n uitsig oor die Goukou Rivier in.

Veilige parkeerplek en gratis WiFi word voorsien.

Besienswaardighede en aktiwiteite in die area sluit Stilbaai Gholfklub, voetslaanroetes, strande, die riviermonding, swem, branderplankry, visvang, hengel en kanovaart in.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
Openbare vervoer naby

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 69 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Izaan J
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties rustig, netjies, gemaklik, pet friendly. Fantastiese plek. So rustig en netjies. Ons 2de jaar daar vir 10 dae. Gaan volgende jaar beslis we...
Sien meer
Sep 2025
Wendy N
Besigheidsreis
5.0
Magical food for the soul. See stars.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2025
Jeanine D
Saam met lewensmaat
5.0
Fantastiese verblyf! Fantasties verblyf met alles wat die hart begeer. Pragtige en stylvol ingerigte huis met prentjie mooi uitsig oor die rivier. Dit...
Sien meer
Aug 2025
Henry V
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige, rustige plek. Het my verblyf vreeslik geniet! Wat 'n pragtige plek – modern, stylvol en met sorg gemeubileer. Alles was silwerskoon, van die...
Sien meer
Jul 2025
Jandre C
Saam met lewensmaat
5.0
Excellent value for money! We thoroughly enjoyed our stay! Accommodation was excellent and will surely be back!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Annerise Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 69

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • GK14 River Road, Stilbaai Wes, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
  • Gaste dink Oudewerfskloof Olyfplaas het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 610
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 610
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 610
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: GK14 River Road, Stilbaai Wes, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA07c665f65acc40fe9bdf935130531a9804effcd77d47598de488bbf65e285d6907a40cf6c1ee97f1ce6164214c725bedfd0d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 610 per nag, vir 2 mense 69 5 1 5 GK14 River Road Stilbaai Wes 6674 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -34.329778204254 21.38717107849
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang