Successfully reported
+24

Ouma se C Huisie

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 10 Hoofweg, De Kelders, Overberg, 7220, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Ouma se C Huisie is 'n lieflike vakansiehuis in De Kelders en ideaal vir 'n klein gesin of 'n groep vriende, of selfs 2 paartjies met hul babas. Die huis is naby verskeie winkels, restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede.

Die huis beskik oor 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 4 gaste. Elke slaapkamer het 'n dubbelbed en genoeg kasspasie. Daar is 'n vrystaande bababedjie beskikbaar, asook 'n enkelbedmatras vir 'n ouer kind.
Verder is daar 'n slaapbank in die TV-kamer vir 'n ekstra gas of paartjie om te slaap. 'n Baba-waentjie om op die strand te loop of sommer in die dorp rond te kuier, is beskikbaar. Die huis deel 'n badkamer met 'n toilet, bad, wasbak en 'n stort en daar is 'n aparte gastetoilet.

Die kombuis is vir langer verblyf toegerus en het 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, vierplaatstoof, oond, rooster, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware in. Die sitarea en eetarea het genoeg sitplek en daar is 'n ingeboude braai-area. Daar is ook 'n TV met DStv en WiFi is beskikbaar.

Die huis het 'n onderdakbraai-area buite met groot werkspasie en 'n wasbak.

Gaste het toegang tot veilige parkeerplek vir 1 voertuig in 'n motorhuis, asook 'n addisionele parkeerplek op die perseel. Die huis het 'n alarmstelsel en die motorhuis het 'n afstandbeheer.

Die agtertuin is ideaal vir troeteldiere en daar is 'n wasgoeddraad. Die vensters het diefwering en die voor- en agterdeur het 'n sekuriteitshek.

Stanfordsbaai en 'n groot grasperk met genoeg ruimte vir sonbaai en piekniek hou is 2,2 km ver. Honde word op die strand toegelaat. Gansbaai beskik oor al die nodige winkelgeriewe en is net 6 minute se ry ver.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet met bidet

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
Braai

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 62 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.6
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Samantha J
Besigheidsreis
5.0
It felt like home. It was peaceful, comfortable, clean.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2025
Jane L
Saam met vriende
5.0
Everything we needed for our stay. Ouma se C Huise had everything we needed for our stay. The hosts were friendly and helpful. Would st...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2025
Irma V
Saam met vriende
5.0
Warm om die binnebraai, met alles wat nodig is. Baie dankie vir die skoon, gerieflike en veilige huis!
Mei 2025
Yvette D
Saam met vriende
5.0
N luilekker langnaweek see-sien wegbreek! Heerlik gekuier in De Kelders en Gansbaai!
Mrt 2025
Yvette V
Besigheidsreis
5.0
Ongelooflik lekker gebly, so tuis gevoel! Pragtige en gerieflike woning, alles wat mens benodig en meer. Eienaar baie vriendelik en behulpsaam, ons he...
Sien meer
Feb 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Alicia Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 62

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • 10 Hoofweg, De Kelders, Overberg, 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink Ouma se C Huisie het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 000
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R 1 000
per nag (plek vir 4)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 10 Hoofweg, De Kelders, Overberg, 7220, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAIm4yizfibEuMSnVuUhVbzmRqLaUX9OGL9wrBy9JrcL7fURyx8O?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag (plek vir 4) 62 5 1 5 10 Hoofweg De Kelders 7220 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-22:00 10:00 -34.556521886532 19.368801631894

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang