Our Quiet Place
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 5 Beachwood Drive, Zimbali Estate, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
- Vanaf R7 450 per nag, vir 8 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Our Quiet Place is 'n selfsorg-vakansiehuis op Zimbali Estate en is in Ballito, KwaZulu-Natal geleë. Hierdie huis is perfek vir vriende en familie wat op soek is na 'n ontspanne wegbreek na 'n idilliese kusdorpie.
Die huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers met en suite-badkamers en 'n gastetoilet. Die eerste en tweede slaapkamer het elk 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die laaste 2 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n bad óf 'n stort, wasbak en 'n toilet. Linne, badhanddoeke en strandhanddoeke word voorsien.
Die kombuis is met 2 yskas-vrieskaste, 'n gasstoof, oond, mikrogolf, wasmasjien, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n toonbank met stoele toegerus. Die eerste sitarea het gemaklike rusbanke en 'n uitsig oor die see, en lei na 'n onderdakstoep met gasbraaigeriewe en meubels. Die tweede sitarea het gemaklike rusbanke en 'n TV met Netflix en dit lei na die dek en swembad. WiFi is beskikbaar.
Gaste het toegang tot veilige parkeerplek en 'n motorhuis op die perseel. Zimbali Estate het 'n gemeenskaplike swembad, restaurant, gholfbaan en direkte toegang tot Zimbali-strand wat sowat 1,1 km vanaf die huis is. Hierdie verblyf is ook naby verskeie winkels en restaurante.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Bad, Toilet
Badkamer
Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Sharon Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- 5 Beachwood Drive, Zimbali Estate, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Our Quiet Place het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 5 Beachwood Drive, Zimbali Estate, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang