Successfully reported
+49

Outeniqua Mountain Lodge

  • Kapasiteit: 36 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Prins Alfred's Pass, R339, De Vlugt, 6490, Wes-Kaap
  • Vanaf R770 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Outeniqua Mountain Lodge is 'n 'groen' forel-lodge en verskaf krag en water van natuurlike bronne met hidro- en sonkrag. Die lodge is deel van die Middel Keurbooms Bewarea, 'n spesiale natuurlike deurgangsroete met unieke flora en fauna en uitsonderlike voëllewe. Die berge met hul veranderende kontraste en skakerings is deel van die agtergrond van hierdie skilderagtige plaas. Dit is die perfekte toevlugsoord en bied volmaakte rus en vree' vir moeë siele.

Die lodge bied verblyf in gerieflike privaat hout-lodges (Hoopoe, King Fisher, Loerie en Fish Eagle). Twee eenhede lê aan die kant van die berg en 2 naby 'n rustige dam met voorraad. Elke hut beskik oor 2 afsonderlike slaapkamers - 'n en suite-hoofslaapkamer en 'n kamer met 2 enkelbeddens en eie gesinsbadkamer. Die dubbelrusbank in die leefarea kan ook omskep word in 'n dubbelbed om voorsiening te maak vir 6 gaste. Die eenhede het elkeen katoenlinne, handdoeke, kombuistoebehore, buitebraaigeriewe, 'n privaat dek en keramiekhoutkaggels vir die koue winteraande.

Bain's Cottage is 'n opgeknapte, historiese kothuis met al die bekoring van die Victoriaanse era en het 'n massiewe kaggel. Let egter daarop dat die kothuis net 'n gemeenskaplike slaap- en leefarea het. Dit is daarom geskik vir paartjies, klein groepe of gesinne wat gemaklik is om slaapplek te deel.

Daar is ook 4 Indiaanse tipi-tente in Kamp Gwaai wat omring word deur 'n pekanneutwoud. Die kamp is ideaal vir enkelreisigers, paartjies, gesinne en groot of klein groepe. Die gemeenskaplike geriewe bevorder interaksie en sosiale verkeer onder gaste. Die tipi-tente lê 'n entjie vanaf die vermaakarea en is ver uitmekaar om privaatheid te verseker. Elke tent het 4 driekwartbeddens.

Die lodge het nie televisies, telefone of selfoonsein nie - die perfekte toestande om die helder, skitterende sterre en stilte van die plaas te geniet. Let ook daarop dat die hoofpad die Prins Alfredpas is en dat alle ander toegangspaaie na die plaas grondpaaie is.

De Vlugt het nie vulstasies, banke of kredietkaartgeriewe nie - maak dus jou voertuig en beursie vol voordat jy hierheen kom. Outeniqua Trout Lodge kweek die meeste gewasse self en ondersteun die plaaslike boere. Etes aan groepe kan verskaf word indien dit vooraf gereël word.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
Mooi uitsig

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 41 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.6
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Cheryl M
Gesin met tieners
5.0
Left one wanting to stay for longer. Beautiful rustic stay. Loved the huge fireplace.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2025
Lizette B
Gesin met klein kinders
5.0
Rustig en beeldskoon! Wonderlike plek vir ontvlugting! Baie netjies, kokende water en die allermooiste uitsigte. Die plaaskind padstal by die pad af i...
Sien meer
Sep 2024
Janine R
Saam met vriende
4.8
Pragtige natuur, baie rustig. Aangename verblyf in pragtige kloof.
Sep 2025
Gaby M
Saam met vriende
4.8
Peaceful mountain hide-out. An awesome place for people who want to be in the quiet of nature and its surrounds. The rondawel we stayed...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024
Anneline M
Saam met lewensmaat
4.4
Kos vir my siel. Natuurskoon, rustig op die stoep.
Jul 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Ingo Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 41

Op LekkeSlaap 14 jaar

Ligging

  • Prins Alfred's Pass, R339, De Vlugt, 6490, Wes-Kaap
  • Gaste dink Outeniqua Mountain Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 770
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 770
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 770
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 36 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Prins Alfred's Pass, R339, De Vlugt, 6490, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA70dbcb6c844933b160196dacecf36c7804bbddf6b6256248e5ae819767e560c6ce35f98dc583cde392a5551f346525640e60?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R770 per nag, vir 2 mense 41 5 1 5 Prins Alfred's Pass R339 6490 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.820979 23.184021
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang