Successfully reported
+85

Padlangs

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 5 Solomon Street, Herlear, Kimberley, 8306, Noord-Kaap
  • Vanaf R700 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Padlangs is in Kimberley geleë en bied gehalteverblyf vir sakereisigers, gesinsbesoekers en oornaggaste.

Verblyf word gebied in 2 gerieflik gemeubileerde woonstelle en 2 gastekamers. Elke woonstel kan tot 4 gaste akkommodeer.

Danie is 'n oopplan-selfsorgeenheid. Dit is ingerig met 'n dubbelbed, 'n stapelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die eenheid het 'n privaat kombuis wat toegerus is met 'n stoof, 'n mikrogolfoond, eetgerei, 'n yskas asook 'n ontbyttoonbank waar etes geniet kan word. Die kamer het ook sy eie plonspoel wat deur die gaste van die kamer geniet kan word.

Liefie is 'n oopplan-selfsorgeenheid. Die slaapkamer is ingerig met 2 enkelbeddens en die en suite-badkamer het 'n rolstoelvriendelike stort en aparte toilet. In die oopplan-kombuis en -leefarea is daar 'n ekstra enkelbed vir tot 2 bykomende gaste.

Anika is 'n rustige en moderne kamer. Die kamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed. Ander geriewe in die kamer sluit 'n mikrogolf, eetgerei, ketel en 'n yskassie in.

Bella is 'n enkelkamer wat ideaal is vir die werkende individu of 'n paartjie wat 'n wegbreek geniet. Die kamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed. Ander geriewe in die kamer sluit 'n mikrogolf, eetgerei, ketel en 'n yskassie in.

Parkeerplek en braaigeriewe is beskikbaar vir gaste.

Kimberley bied 'n verskeidenheid historiese besienswaardighede soos die Groot Gat en Kimberley Mynmuseum, Freddie Tait Gholfmuseum, die Belgravia Historic Walk asook 'n verskeidenheid restaurante.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 270 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Yolande J
Saam met vriende
5.0
Waarde vir geld. Heerlik gebly, gaan weer.
Aug 2025
Manie S
5.0
Lekker. Dit was baie koud, maar ek het dit geniet.
Jun 2025
Jacques H
5.0
Aangenaam verras. Padlangs is netjies en die geriewe was net wat ons nodig gehad het. Sal hulle definitief aanbeveel.
Jun 2025
Christa C
Saam met vriende
5.0
Perfekte plek vir 2 mense. Het ons gerus laat voel, elke dag vir seker gemaak ons benodig nie iets nie. Baie veilige plek met dit wat jy nodig het.
Apr 2025
Mariette D
Gesin met tieners
5.0
Baie geniet, netjiese plekkie. Baie lekker en oulike plek!
Mrt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Willie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 270

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 5 Solomon Street, Herlear, Kimberley, 8306, Noord-Kaap
  • Gaste dink Padlangs het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 700
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 700
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 700
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 5 Solomon Street, Herlear, Kimberley, 8306, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc09c0ca291a123b95be2ab55f31148af5466e9561b9e37c3432b6b42e9e923e7539da34446085fffde26958b8b24e0791d36?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag, vir 2 mense 270 5 1 5 5 Solomon Street Herlear 8306 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.752432 24.778513
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang