Palm Beach Cottage
- 
            
            
                Kapasiteit: 4 persone
                                                        
                                            
 2 volwassenes, 2 kinders
- Alle ouderdomme is welkom
- 
            
            
                Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
 Uitkloktyd: 10:00
- Adres: 1 George Hulett Place, Salt Rock, 4392, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 450 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
            Palm Beach Cottage skuil tussen pragtige klapperbome reg op die strand in Salt Rock, aan Suid-Afrika se Dolfynkus. Die kothuis bied vakansieverblyf aan 'n gesin van 4 en spog met 'n vlak grasperk van 600 m² in een van die mees skilderagtige strandfront-omgewings.
Dié kothuis beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste deel 'n badkamer met 'n bad, stort en 'n wasbak. Daar is ook 'n aparte toilet. Gaste moet asb. hulle eie strandhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea het 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die kombuis lei na 'n sitarea met gemaklike rusbanke en 'n TV met die volle DStv-pakket, en daar is 'n etenstafel met sitplek vir 6 waar gaste hulle maaltye kan geniet.
Buite kan gaste die sonsondergang en see-uitsigte bewonder.
Parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
        
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad
Badkamer
Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Terri Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- 1 George Hulett Place, Salt Rock, 4392, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Palm Beach Cottage het ’n uitstekende ligging
- 
                                
                                    
                                
                                
                                                                            Kapasiteit: 4 persone
                                    
                                                                                                                                                                                                        
 2 volwassenes, 2 kinders
- Alle ouderdomme is welkom
- 
                                
                                    
                                
                                
                                    Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
 Uitkloktyd: 10:00
- Adres: 1 George Hulett Place, Salt Rock, 4392, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang