Pecanberry Farm
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: D22 De Rust, Pecanberry Farm, Hartbeespoort, 0216, Noordwes
- Vanaf R1 520 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Pecanberry Farm is in die hartjie van die De Rust-vallei aan die voetheuwels van die Witwatersberge en word deur die pragtige Magaliesburgberge omring. Dit bied rustige verblyf aan diegene wat 'n toevlugsoord of 'n romantiese wegbreek soek.
Verblyf word in 4 klein huisies, elk met sy eie karakter en sjarme, gebied. Elke huisie bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Daar is gemaklike sitplek, 'n kombuisie met 'n yskassie, lugbraaier, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n werksarea. Daar is ook 'n privaat stoep met 'n asemrowende uitsig oor die Hartbeespoortdam. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Gratis WiFi is ook beskikbaar.
Die verlyf is naby verskeie aktiwiteite en besienswaardighede, insluitend wateraktiwiteite, vaarte op die dam, voetslaan, Zipline-toere, kabelkarretjies en gholfspeel. Dit is naby Johannesburg, Pretoria, en op pad na die Pilanesberg-wildreservaat. Die verblyf is die ideale basis vanwaar die area verken kan word.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Tumi Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 12
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- D22 De Rust, Pecanberry Farm, Hartbeespoort, 0216, Noordwes
- Gaste dink Pecanberry Farm het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: D22 De Rust, Pecanberry Farm, Hartbeespoort, 0216, Noordwes
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang