Pinotage Farmhouse @ Oaksrest Vineyards Gasteplaas
- Kapasiteit: 9 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Oaksrest Vineyards Guest Farm, Dwarsrivier, Ladysmith, 6655, Wes-Kaap
- Vanaf R6 750 per nag, vir 9 mense
Beskrywing
Pinotage Farmhouse @ Oaksrest Vineyards Gasteplaas is 'n ruim en smaakvol versierde huis wat op 'n wyn- en tafeldruifgasteplaas in die Klein Karoo geleë is. Hierdie verblyf is net buite Ladysmith en is 'n wonderlike opsie vir 'n rustige wegbreek saam met vriende en familie.
Dié verblyf bied slaapplek aan 9 gaste en beskik oor 4 en suite-slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, enkelbed en 'n en suite-stort. Die vierde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n volledige en suite-badkamer.
Die ruim leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof en -oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en koffie- en teemaakgeriewe toegerus is. Die kombuis lei na 'n knus sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Gratis WiFi is beskikbaar. Langs die sitarea is 'n eetarea met 'n ingeboude binnebraai.
Buite is 'n groot, welige tuin waar kinders en troeteldiere kan rondloop. Daar is ook 'n boma. Pinotage Lake-area is stapafstand vanaf die kothuis waar gaste kan swem, piekniek hou, braai en visvang.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Phillip Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 61
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- Oaksrest Vineyards Guest Farm, Dwarsrivier, Ladysmith, 6655, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 9 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Oaksrest Vineyards Guest Farm, Dwarsrivier, Ladysmith, 6655, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang