Plotsklaps
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 5 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 2 Suddie Close, Zwaanswyk, Tokai, 7945, Wes-Kaap
- Vanaf R2 550 per nag (plek vir 5)
Beskrywing
Plotsklaps bied selfsorgverblyf op die eienaar se perseel in Tokai, Zwaanswyk. Daar is 'n kragopwekker op die perseel in die geval van beurtkrag. Die eenheid is naby Steenberg Ghoflandgoed en die Tokai-woud. Muizenberg se strand is ook net 'n entjie se ry weg. Die verblyf het 'n omsetter.
Die kothuis het 2 verdiepings en bied slaapplek aan 4 volwassenes en 1 kind. Daar is 2 slaapkamers, 2 badkamers en ’n oopplan-kombuis met 'n aparte eet- en leefarea. Die hoofslaapkamer op die boonste verdieping het lugversorging, ’n koninggrootte-bed en 'n enkelbed vir 'n kind, asook 'n en suite-badkamer met 'n dubbelstort. Die tweede slaapkamer is op die onderste verdieping en het ’n stapelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad.
Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met ’n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Daar is ook ’n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Die aangrensende eetarea het sitplek vir 6 gaste. Die sitarea onder is geskik vir 5 gaste. Daar is 'n TV, 'n versameling DVDs vir kinders, asook speelgoed vir die jongspan. Gratis WiFi is beskikbaar. Die sit- en eetarea het lugversorging.
Die sitarea lei na 'n omheinde stoeparea met 'n tafel en sitplek vir 6 gaste. Hier kan gaste hul ontbyt, middag- of aandete geniet. Die kothuis het toegang tot die gemeenskaplike tuin, lapa en swembad. Veilige parkeerplek is beskikbaar.
Die verblyf is in 'n relatiewe veilige area wat omhein is en 24 uur-sekuriteit het.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
1 x Kinderbed vir 1
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Stapelbed
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Rachael Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 6
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- 2 Suddie Close, Zwaanswyk, Tokai, 7945, Wes-Kaap
- Gaste dink Plotsklaps het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 5 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 2 Suddie Close, Zwaanswyk, Tokai, 7945, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang