Successfully reported
+20

Pole Pole Self Catering Holiday Home

Selfsorg
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 4 Swellengrebel Street, Witsand, 6666, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 080 per nag, vir 11 mense

Beskrywing

Pole Pole is 'n selfsorgvakansiehuis in Witsand, 'n ouwêreldse dorpie by die mond van die Breederivier in die Wes-Kaap. Dit is bekend as die bestemming met die meeste Suidelike noorkappers aan die Suid-Afrikaanse kus en spog met 'n 4 km lange wit sandstrand, manjifieke Kaapse fynbos en 'n hele klomp watersportgeleenthede.

Die huis het slaapplek vir 11 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplankombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede en derde slaapkamer het elkeen 2 enkelbeddens en deel 'n badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die vierde slaapkamer het 2 stapelbeddens, 'n enkelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die huis is troeteldiervriendelik, maar slegs vir klein hondjies en mits dit vooraf gereël is. Die tuin is veilig omhein vir honde en 'n klein ekstra fooi geld vir honde.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en sluit 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware in. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoeltjies. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste en in die sitkamer is daar 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV met Openview HD-kanale. Gaste is welkom om hulle eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saam te bring. Die huis het 'n binnebraai-area en parkeerplek op die perseel.

Kamer-opset

4 Slaapkamers 3 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

5

1 x Enkelbed / Driekwartbed

2 x Stapelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Troeteldiere op versoek
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
Kaggel
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 4 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.4/5

Owen Geverifieer

Eiendomme 9

Resensies 135

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • 4 Swellengrebel Street, Witsand, 6666, Wes-Kaap
  • Gaste dink Pole Pole Self Catering Holiday Home het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 3 080
per nag, vir 11 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 3 080
per nag, vir 11 mense
Vanaf
R 3 080
per nag, vir 11 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 4 Swellengrebel Street, Witsand, 6666, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3afa841c5ed251fe70eebab70b8780b63cce06c264b7750d99b00258eea901e7631c186f24a63eb74928d362c51b4ce9d509?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 080 per nag, vir 11 mense 4 5 1 5 4 Swellengrebel Street Witsand 6666 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -34.393841129293 20.835537568682
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang