Port St Johns River Lodge
- Kapasiteit: 72 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R61, Mthatha Tar Road, Port St Johns, 5120, Oos-Kaap
- Vanaf R1 250 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Port St Johns River Lodge skuil op die oewer van die Umzimvubu-rivier, in die dorpie Port St Johns. Die dorp is tussen die berg Thesiger en die berg Sullivan geleë en is gewild onder natuurliefhebbers vir sy eindelose staproetes, pragtige strande, riviermonding en dramatiese natuurskoon.
Die lodge bied gehalteverblyf in 'n keuse van óf hotelkamers óf losstaande selfsorg-chalets. Al die hotelkamers beskik oor 'n dubbelbed en en suite-badkamer met 'n stort, en bykomende geriewe soos 'n TV met sekere DStv-kanale, lugversorging, 'n yskassie, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe.
Die chalets is ideaal vir gesinne of 'n klein groepie vriende, en elke eenheid beskik oor 'n privaat braai-area en patio met uitsigte oor die berge en tuine. Die kombuisies in elke eenheid is goed toegerus om in gaste se basiese selfsorgbehoeftes te voorsien. Daar is ook 'n TV met sekere DStv-kanale beskikbaar in elke eenheid.
Gaste kan in die gemeenskaplike swembad afkoel, verversings by die kroeg geniet, by die restaurant op die perseel eet, of die gebruik van die gimnasium, pooltafel en veerpyltjiebord op die perseel geniet. Die lodge het ook 'n funksielokaal en konferensielokaal. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Vernon Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 6
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- R61, Mthatha Tar Road, Port St Johns, 5120, Oos-Kaap
- Gaste dink Port St Johns River Lodge het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 72 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R61, Mthatha Tar Road, Port St Johns, 5120, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang