Successfully reported
+9

Protea Suite

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 2 Dumont Street, Courtrai, Paarl, 7646, Wes-Kaap
  • Vanaf R900 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Protea Suite is 'n lieflike ateljeewoonstel in die lowerryke woonbuurt Courtrai in die suidelike deel van Paarl. Dit is ideaal vir 'n paartjie wat die area wil verken of gaste wat op soek is na 'n oornagverblyf vir 'n sakereis.

Dié verblyf bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n oopplan-ontwerp. Dit het 'n koninggrootte-bed met skoon, wit linne. Die en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Badhanddoeke is ook beskikbaar.

Die kombuisie is met 'n mikrogolf, yskas, eetgerei en breekware, asook 'n toonbank met stoeltjies toegerus. Die kombuis lei na 'n sonnige sitarea waar gaste met 'n koppie koffie kan ontspan. Gratis WiFi en 'n slim-TV met Netflix is ook beskikbaar.

Buite is daar 'n privaat stoep met sitplek en braaigeriewe wat 'n wonderlike plek is vir 'n skemerkelkie. Gaste het 'n privaat ingang en toegang tot 'n gedeelde swembad op die perseel.

Kamer-opset

1 Leefarea 1 Badkamer

Leefarea

2

1 x Koninggrootte-bed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 24 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Mari V
Saam met lewensmaat
5.0
Will definitely be back. The unit was beautiful with everything you could need. Elsa was a lovely host and even provided a complimentar...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2025
Belinda A
Saam met lewensmaat
5.0
Groot bederf! Elsa was 'n baie vriendelike gasvrou. Die blyplek lyk nog beter as op die foto's. Die omgewing is baie stil en ons het regtig ons kuier ...
Sien meer
Aug 2025
Bj K
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik en gerieflik. Heerlik en gerieflik en als wat 'n mens nodig het.
Jun 2025
Willem S
Saam met lewensmaat
5.0
Sal weer daar gaan bly. Baie impressed gewees met die plek, baie lekker gebly en uiters gasvrye eienaars.
Mei 2025
Marius T
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties. Ons het baie lekker gebly. Protea Suite is volledig toegerus, 'n perfekte plek om te oornag. Die gasvrou is vriendelik, uiters behulpsaam.
Mei 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Elsa Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 42

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • 2 Dumont Street, Courtrai, Paarl, 7646, Wes-Kaap
  • Gaste dink Protea Suite het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 900
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 900
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 900
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 2 Dumont Street, Courtrai, Paarl, 7646, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA28737fcfdeeebc82ed7735b65ae2c6eb41fbd859c6fcedc39b352d49638c57815f03fdfe6578b882588777b6176785a94a23?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag (plek vir 2) 24 5 1 5 2 Dumont Street Courtrai 7646 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.7694614 18.953045648479

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang