Pumula Bush Chalet
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Number 6 Unit 12, Mabalingwe Nature Reserve, Bela Bela, 0481, Limpopo
- Vanaf R2 999 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Pumula Bush Chalet is 'n pragtige chalet op die berge van die gewilde Mabalingwe Natuurreservaat, omring deur vrylopende diere en bosveld. Dié chalet bied ruim en gerieflike selfsorgverblyf. Hierdie verblyf is ideaal vir natuurliefhebbers en vakansiegangers wat op soek is na bosveld-ontsnapping.
Die chalet bestaan uit 2 slaapkamers en 1 volledige badkamer wat tot 4 gaste op 'n slag kan akkommodeer. Elke slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Die gedeelde badkamer is toegerus met 'n bad, 'n stort, 'n toilet en 'n wasbak. Gehalte linne en badhanddoeke word aan die gaste voorsien.
Die kombuis is oopplan na die leefarea en is goed toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, oond, stoof, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. Die ruim leefarea beskik oor 'n TV met DStv, 'n Nespresso-masjien, lugversorging, 'n etenstafel, gemaklike sitplek en 'n glasskuifdeur wat na die onderdakstoep met buitesitplek en 'n ingeboude braai wat oor die bosveld uitkyk, oopmaak. Gaste kan vir hulleself Vertuo-peule vir die Nespresso-koffiemasjien bring.
Gaste kan gratis WiFi-toegang en veilige parkeerplek geniet. Al die geriewe is in die reservaat, insluitend die verhitte swembaddens, tennis- en muurbalbane, dameskroeg, gelisensieerde restaurante, perdry, begeleide wildritte, roofdiervoeding, kinderspeelarea, springkussing en minigholf, en is toeganklik vir gaste.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Tsholofelo Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 25
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Number 6 Unit 12, Mabalingwe Nature Reserve, Bela Bela, 0481, Limpopo
- Gaste dink Pumula Bush Chalet het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Number 6 Unit 12, Mabalingwe Nature Reserve, Bela Bela, 0481, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang