Successfully reported
+41

Pumula Game Farm

Weeksdagaanbod 10% af

Kry 10% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 6 Aug 2025 tot 30 Nov 2025.

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 12 De Nyl Zyn Oog Road, Pumula Game Farm, Modimolle, 0510, Limpopo
  • Vanaf R1 400 R1 260 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Pumula Game Farm is in die prentjiemooi Waterberge tussen Modimolle en Bela-Bela geleë. Die lodge streef daarna om elke gas se verblyf onvergeetlik te maak met gehaltediens en aandag aan detail. Al die selfsorgeenhede bied 'n gesinsvriendelike bosveld-atmosfeer met baie wild, plantegroei en voëls op dié 106 hektaar stuk bosveld. Die 4 intieme en luukse eenhede spog met 4 sterre gegradeer en bied moderne geriewe wat gaste tuis sal laat voel. Die lodge het 'n kragopwekker vir onvoorsiene kragonderbrekings.

Daar is 2 eenhede, Thanda en Thulile, en hulle is langs mekaar, maar het aparte ingange om privaatheid te verseker. Elke luukse eenheid is modern en het hoë grasdakplafonne. Elke eenheid het 'n groot slaapkamer met 'n koningingrootte-bed, ingeboude kas en 'n en suite-badkamer met 'n buitestort. Gehalte-perkallinne en badhanddoeke word voorsien. Thanda het 'n stapelbed vir kinders in die sitarea en Thulile het 'n enkelbed en 'n slaapbank. Daar is waaiers in die slaapkamer en sitarea.

Die eenheid het 'n kombuis wat met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, gasstoof, en al die nodige kooktoebehore en skoonmaakmiddels toegerus is. Daar is ook 'n eethoekie en 'n oopplan-sitarea met 'n TV en sekere DStv-kanale.

Daar is 'n privaat onderdakstoep met 'n tafel, stoele en 'n braai-area. 'n Plonspoel is 30 m ver in die bos geleë en spog met 'n ongelooflike uitsig oor die Bosveld wat slegs deur die gaste in hierdie twee eenhede gedeel word.

Verblyf sluit 'n skoonmaakdiens vir die buite-areas in. Gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke, kos, koffie, tee, flitslig en klere saambring. Vuurmaakhout kan by ontvangs gekoop word.

Die plaas bestaan uit bosveld en grasvlaktes en daar is sebras, wildebeeste, blesbokke, rooibokke, njalas en kleiner wilde diere op die plaas. Gaste kan wildritte op hul eie doen. Die lodge bied kanovaarte en visvang (bring jou eie visstok en gereedskap) op die perseel. Daar is 'n speelplek naby die eenhede vir kinders. Gaste kan ook hul bergfietse saambring om op die plaas te ry.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
Mooi uitsig
Openbare vervoer naby

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 162 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Stefan D
Saam met lewensmaat
5.0
Excellent self-catering bush break. Lovely farm, many beautiful walks with lots of birds and animals to see. Perfect for what we wanted...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2025
Johan V
Saam met lewensmaat
5.0
Perfek, rustig, pure natuur gemoedsrus. Asemrowend mooi. Perfek vir goeie gemoedsrus.
Okt 2024
Ronel B
Saam met lewensmaat
5.0
Baie rustig gewees. As jy nou rus vir jou siel soek is Pumula die plek om te gaan. Chalets baie goed ingerig. Swembad is definitief 'n pluspunt, veral...
Sien meer
Mrt 2024
Matthys Jakobus G
Saam met lewensmaat
5.0
Net rustig - perfek vir "recharge". Soos 'n droom. Kan amper nie glo daar is nog sulke stukkies hemel op aarde so naby aan die groot stad nie!
Feb 2024
Maggie Duvenage D
4.8
Amazing. Baie gasvry en is baie vriendelik ontvang.
Nov 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Marcelle Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 167

Op LekkeSlaap 14 jaar

Ligging

  • 12 De Nyl Zyn Oog Road, Pumula Game Farm, Modimolle, 0510, Limpopo
  • Gaste dink Pumula Game Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 400
R 1 400 R 1 260
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf R1 400
R 1 400 R 1 260
per nag, vir 2 mense
Vanaf R1 400
R 1 400 R 1 260
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 12 De Nyl Zyn Oog Road, Pumula Game Farm, Modimolle, 0510, Limpopo
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdb64c54a8c6b781263c03ce5c955e67c7c5031cffb868474850dec6fba4aa312648da8ed367545e5578de2ee940138945729?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 400 nouVanaf R1 260 per nag, vir 2 mense 162 5 1 5 12 De Nyl Zyn Oog Road Pumula Game Farm 0510 Limpopo 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -24.759072950683 28.304433562173
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang