Pure Plesier
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 11:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: 6 Entaa Street, Plettenberg Bay, 6600, Wes-Kaap
- Vanaf R1 700 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Pure Plesier is 'n vrystaande dubbelverdiepinghuis wat in Plettenbergbaai geleë is. Dit is die ideale vakansiebestemming met goue strande en inheemse woude.
Dié selfsorghuis het 3 slaapkamers, 2 op die boonste verdieping wat 'n badkamer deel en 1 op die onderste verdieping met toegang tot 'n aparte badkamer met 'n wasmasjien en tuimeldroër. Elke kamer het 'n waaier. Daar is ook 'n oopplan-leefarea met 'n TV en DStv en 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n mikrogolfoond, yskas-vrieskas en 'n skottelgoedwasser.
Daar is 'n aparte tuin buite, asook 'n ingeboude braai onder die dak. Veilige parkeerplek vir motors, bote en sleepwaens in beskikbaar. Gaste kry hul eie afstandbeheer vir die hek. Die tuin is heeltemal omhein vir troeteldiere en kinders. Daar is onbeperkte WiFi wat tydens beurtkrag gebruik kan word, en gaste het toegang tot 'n gasstoof en sonkragligte tydens kragonderbrekings. Daar is ook 'n omsetter wat krag aan die ligte, yskaste, TV en WiFi voorsien.
Pure Plesier is troeteldiervriendelik, maar net vir klein troeteldiere of soos ooreengekom tydens die bespreking. Die eenheid is nie beskikbaar vir matrikulante met matriekvakansie nie. Alle groot strande is 5 minute se ry vanaf die eenheid en is in 'n stil woonbuurt in Plettenbergbaai.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Rosemarie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- 6 Entaa Street, Plettenberg Bay, 6600, Wes-Kaap
- Gaste dink Pure Plesier het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 11:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: 6 Entaa Street, Plettenberg Bay, 6600, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang