Successfully reported
+39

Purple Gecko Guest House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 62 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 24 Ruiter Street, Lydenburg, 1120, Mpumalanga
  • Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Purple Gecko Guest House bied B&B-verblyf in Lydenburg. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf, na aan verskeie doendinge en besienswaardighede in die omgewing.

Verblyf word aangebied in 17 slaapkamers wat elk uniek en smaakvol versier is. Elkeen van die kamers beskik oor 'n dubbelbed, of 'n koningingrootte-bed of 2 driekwartbeddens asook 'n en suite-badkamer met 'n stort en/of bad, wasbak en toilet. Elke kamer het ook die volgende ekstra geriewe: 'n plafonwaaier en verwarmer, 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n yskassie met voorraad en tee- en koffiemaakgeriewe.

'n Smaaklike ontbyt word soggens in die eetkamer bedien, en ander heerlike maaltye kan gereël word op versoek, maar slegs op weeksdae. Die gastehuis het ook 'n gemeenskaplike kombuis, braaigeriewe, 'n swembad, gimnasium, WiFi en wasgoedgeriewe.

Veilige parkeerplek word voorsien en Purple Gecko Guest House is na aan 'n verskeidenheid winkels, restaurante en ander geriewe in die dorp. Ons is ook net 'n kort entjie se ry vanaf 'n reservaat en 'n hele aantal plekke waar kranige vissermanne kan vlieghengel.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Wasgoeddiens
Swembad
Alle maaltye beskikbaar
Ontbyt beskikbaar
Toeganklik vir kosaflewerings-apps
Mooi uitsig

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 46 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Genevieve D
Besigheidsreis
5.0
We will be back. We will be back, great home away from home.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2025
Ansie V
Besigheidsreis
5.0
Awesome. Dit is 'n baie wonderlike plek en ons mense het dit baie geniet. Gaan weer plan maak om daar te oornag.
Jul 2025
Ronel S
Besigheidsreis
5.0
Ons sien julle weer. Was baie netjies en die ligging vir my werksreis was goed, baie behulpsaam.
Mei 2025
Gawie K
Gesin met tieners
5.0
Perfect! The stay was comfortable and easy, neat, clean and had enough space.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2025
Linda D
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik, fantasties, rustig. Baie lekker, sal definitief die plek aanbeveel en weer daar gaan bly.
Mrt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Purple Gecko Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 82

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • 24 Ruiter Street, Lydenburg, 1120, Mpumalanga
  • Gaste dink Purple Gecko Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Toeganklikheid

Rolstoelvriendelike parkeerplek
Vanaf
R 1 100
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 100
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 100
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 62 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 24 Ruiter Street, Lydenburg, 1120, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb8b68b44f0b56e2c75b59e3d05871d78a4c9731f3e8a3afdda4daf580af23cc7ae84eff290185ab09f3eeb31649b4c78f9d0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense 46 5 1 5 24 Ruiter Street Lydenburg 1120 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -25.104076 30.474104

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang