Successfully reported
+60

Rawsonville Guest House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Geen kinders onder 10
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1 Porter Road, Rawsonville, 6548, Wes-Kaap
  • Vanaf R980 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Rawsonville Gastehuis, 'n pragtige Kaap-Hollandse plaashuis, is in 1920 gebou en is op die grens van Rawsonville, langs 'n wynplaas met beeldskone uitsigte oor die omliggende berge geleë. Ons bied hartlike gasvryheid in 'n rustige omgewing met 'n swembad en 'n binnehof onder die wingerde. Ons is perfek geleë vir wyntoere, met 24 kelders binne 'n kilometer radius van ons, sommige met restaurante ook.

Ons bied 3 slaapkamers met privaat badkamers (2 is en suite). Dan is daar ook 'n selfsorg-eenheid met 'n dubbelbed, volledig toegeruste kombuisie en 'n TV. Dit het 'n privaat ingang en 'n uitsig oor die swembad en berge. Die gastehuis se geriewe sluit in: 'n gemeenskaplike sitkamer, 'n eetkamer met 'n knus kaggel en tee- en koffiemaakgeriewe, 'n mikrogolf, broodrooster en yskas-vrieskas.

Daar is baie doendinge in die omgewing. Daar is watersport op die Brandvleidam, perdry, voëlkyk, staptogte, forelvang in die Holslootrivier en vierwielmotorfietsritte. Kerkstraat is bekend vir sy Kaap-Hollandse argitektuur en daar is ook 'n kunsgalery. Ons is na aan 'n moderne winkelkompleks en die Karoo Nasionale Botaniese Tuine is net 15 km van ons af. Die Kaapse Sweefklub sweeflughawe – die enigste in Suid-Afrika –is ook nabygeleë.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 105 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.6
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Hardy D
Saam met lewensmaat
5.0
Rustige, heerlike blyplek! Baie rustige omgewing met 'n pragtige tuin! Baie vriendelike gasvrou.
Sep 2025
Mornay B
Saam met lewensmaat
5.0
Bogemiddeld lekker en rustige area. Lekker cozy plekkie en die vuurtjie in die sitkamer het lekker gebrand vir die koue aande.
Aug 2025
Mariechen E
Saam met lewensmaat
5.0
Eienaar was baie gasvry en behulpsaam. Baie lekker. Stil, mooi en netjies.
Mei 2025
Erika S
Gesin met tieners
5.0
Lieflike plekkie. Lieflike plekkie om vinnig te oornag.
Mei 2025
Susan H
Saam met vriende
5.0
Goed toegeruste eenheid, netjiese tuin, stil omgewing. Heerlike ontbyt! Puik, goed geleë verblyf met vriendelike en akkommoderende gasvrou.
Mei 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Lisa Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 105

Op LekkeSlaap 16 jaar

Ligging

  • 1 Porter Road, Rawsonville, 6548, Wes-Kaap
  • Gaste dink Rawsonville Guest House het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 980
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 980
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 980
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Geen kinders onder 10
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1 Porter Road, Rawsonville, 6548, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA460f14530940b2eeb19903badab81f71c50ce82c2c049273b85ca8ec3a344590df4d6f4793f7808fdd3ca41fbe08759541cf?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R980 per nag (plek vir 2) 105 5 1 5 1 Porter Road Rawsonville 6548 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.687621069254 19.311583042145

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang