Successfully reported
+38

Red Mountain House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 325 Market Square, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Vanaf R1 290 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Red Mountain House is in die hartjie van die pragtige dorpie Clarens geleë en die verblyf is op die eerste verdieping van 'n kompleks. Elke kamer het 'n balkon vanwaar gaste die uitsig op die berge en oor Clarens kan geniet.

Verblyf word in 6 luukse dubbelkamers gebied wat met antieke meubels gemeubileer is. Elke kamer het 'n ekstra lang koningingrootte-bed, perkallinne en Persiese tapyte. Elke kamer het 'n sitarea/TV-area met 'n kaggel en gerieflike Morris-stoele. Gaste kry komplimentêre sjokolade en drankies met aankoms. Die en suite-badkamers het teëlvloere, storte en 'n baddens en muurverwarmers. Daar is ondervloerse verhitting vir die winter en plafonwaaiers vir die somer.

Die alternatiewe opsie is ons luukse selfsorgwoonstel. Dit bied 'n fleksie-opsie vir 2 tot 6 gaste en 'n keuse van 1 of 2 en suite-slaapkamers en 'n slaapbank wat geskik is vir kinders. Verder is daar 'n goed toegeruste kombuis, sit- en eetkamer met 'n kaggel, 2 privaat balkonne. Gaste kan 'n braai op die privaat balkon geniet terwyl hulle die asemrowende panoramiese uitsig op die oostelike hoogland van Lesotho uitkyk. Ondervloerse verhitting en plafonwaaiers rond hierdie stylvolle ervaring af. 'n Minimum van 2 gaste moet bespreek. Die aangrensende dubbelkamer kan individueel of saam met die woonstel bespreek word, en beskik oor 'n tweede sitarea.

Die dorp se besienswaardighede en aktiwiteite is stapafstand van die verblyf af. Gaste kan net hul motor parkeer en ontspan. Daar is 'n brouery, buitemuurse-besprekingskantore, koffiewinkels, kunsgalerye, geskenkwinkeltjie, kroeë, restaurante en eetplekke. Die huis is in Neo-Kolonialte stylg gebou en is vanaf Junie 2003 'n bekende landmerk. Gaste kan by 'Something Else' inkopies doen waar daar 'n verskeidenheid geskenke en klere is. Daar is ook 'n Dagspa op die perseel wat naelbehandelings, masserings en skoonheidsterapie bied. Daar is ook 'n kroeg en restaurant op die terras genaamd Vito's.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 168 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.5
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Sonel D
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties. Heerlik warm huislik.
Jun 2025
Aniret H
Saam met lewensmaat
5.0
Goed ingerig. Alles wat jy nodig het, is daar. Lekker gekuier. Heerlik gebly. Vriendelike diens.
Mrt 2025
Richard P
5.0
Brilliant and relaxing, so central. Brilliant! Violet was an absolute star. She was always willing to accommodate. Nothing was too much...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2025
Alisande B
Saam met lewensmaat
5.0
Very warm and comfortable stay. Very comfortable with stunning views!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Feb 2025
Alan M
5.0
Magic stay at a cosy old-world apartment with really helpful reception. Wow, what a magic place. I have always wanted to stay there and...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Steve Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 168

Op LekkeSlaap 16 jaar

Ligging

  • 325 Market Square, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Red Mountain House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 290
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 290
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 290
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 16 volwassenes
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 325 Market Square, Clarens, 9707, Vrystaat
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8e18b5baff9f444525cf694f9df058a44e4944e1cf4c48af68cdcf8678bbf9f7cdee533a2adb9be77df96947ff3ce8edab58?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 290 per nag, vir 2 mense 168 5 1 5 325 Market Square Clarens 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -28.515240487075 28.421448394182
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang