Successfully reported
+81

Red Sands Country Lodge

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 81 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Off the N14, Kuruman, 8446, Noord-Kaap
  • Vanaf R2 090 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Red Sands Country Lodge skuil tussen die Kuruman-heuwels en is net 16 km vanaf Kuruman en 31 km vanaf Kathu geleë, wat 'n uitstekende oornagplek bied vir reisigers wat na Namibië, die Weskus of die Kgalagadi Nasionale Park op pad is.

Die lodge bied gaste 'n keuse van grasdak-bungalows of chalets wat tussen 2 en 4 mense kan akkommodeer. Die lugversorgde eenhede is ingerig met gemaklike beddens, en het en suite-badkamers met storte of baddens, of 'n kombinasie van albei.

Elkeen van die eenhede het ook 'n klein kombuisie wat toegerus is met 'n yskassie, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Al die eenhede is toegerus met TV's met sekere DStv-kanale, en sommige maak oop op 'n terras met privaat braaigeriewe. Die chalets en rondawels het lieflike uitsigte oor die lodge en heuwels.

Die lieflike lodge bied 'n grasdak-onthaal, swembadkroeg, 'n trousaal, konferensiegeriewe en 'n bekende kontinentale a-la-carte-restaurant wat van die beste kos in die area bedien. Gaste kan op daardie warm Kalahari-somersdae in die swembad afkoel.

Red Sands is in 'n privaat natuurreservaat van 1800 ha geleë met 17 verskillende wildspesies en meer as 50 verskillende spesies wat reeds op die eiendom geïdentifiseer is. Gaste is welkom om die reservaat met hul eie voertuig te verken of ons bosroetes te voet of per bergfiets te ontdek.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Konferensiegeriewe
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 196 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Tanya P
Saam met vriende
5.0
Perfekte oornagplekkie! Dit was weereens 'n heerlike kuier gewees. Die ontbyt wegneempakkie was meer as genoeg en smaaklik. Die chalet was mooi skoon ...
Sien meer
Okt 2025
Janette B
Saam met vriende
5.0
Vriendelike ontvangs; het dadelik tuis gevoel. Heerlik oorgeslaap. Netjies. Restaurant bied smaaklike ete.
Okt 2025
Phillip B
Saam met lewensmaat
5.0
Baie aangename plek om te oornag. Alles was baie netjies en geen klagtes wat die rondawel aanbetref nie. Buffet ete baie lekker.
Sep 2025
Magdalena S
5.0
Onbeskryflik lekker soos altyd. Rustig en ontspanne.
Aug 2025
Kobus K
Saam met lewensmaat
5.0
Puik oornag fasiliteit. Dit is 'n ideale oornag fasiliteit. Die personeel is baie vriendelik en behulpsaam. Die restaurant voorsien heerlike etes met ...
Sien meer
Aug 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Kirsten Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 196

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Off the N14, Kuruman, 8446, Noord-Kaap
  • Gaste dink Red Sands Country Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 090
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 090
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 2 090
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 81 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Off the N14, Kuruman, 8446, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA22e381eade6b583a3c82b8eff60125eba5202e59f690a24aae5c241bff20949cb3bb1d9b5b64560c3d00a416d7a428b2a09f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 090 per nag, vir 2 mense 196 5 1 5 Off the N14 Kuruman 8446 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -27.510207878116 23.303807079792
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang