Successfully reported
+22

Ribboksfontein Guest Farm

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R341, Ribboksfontein, De Rust, 6651, Wes-Kaap
  • Vanaf R7 500 per nag, vir 10 mense

Beskrywing

Ribboksfontein Guest Farm bied selfsorgverblyf op 'n privaat wildsplaas slegs 11 km buite De Rust. Dis ideaal vir 'n gesin of groep vriende en bied 'n lieflike uitsig op die Swart - en Kammanassieberg.

Dié huis beskik oor 5 slaapkamers met slaapplek vir 10 gaste. Die eerste en tweede slaapkamer het elk 'n dubbelbed en die ander 3 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Twee slaapkamers het 'n en suite-badkamer en die derde badkamer is apart.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, ketel en broodrooster toegerys. Die ruim leefarea het 'n kaggel en 'n TV met sekere DStv-kanale. Dit lei na die stoep wat rondom die huis strek, met 'n ingeboude braai en buite-eetarea.

Trekpleisters sluit die De Rustica Olyfplaas, Kango-grotte, Kammanassie Natuurreservaat, Klein-Karoo-wynlandgoedere, Meiringspoort-waterval en Cango Wildlife Ranch in.

Kamer-opset

5 Slaapkamers 3 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
Braai
Warmbad

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 17 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Jaco L
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker wegbreek van die stads lewe! Ons het dit uiters baie geniet en sal definitief plan maak om weer daar kom bly.
Jul 2025
Willie V
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderlike ervaring vir die wegbreek van die daaglikse roetine en pligte. Advertensie is 'n ware uitbeelding van die huis en geriewe asook die asemrow...
Sien meer
Jun 2025
Tania L
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik! Heerlik gebly, alles skoon en netjies. Sal enige tyd weer daar gaan kuier.
Jun 2025
Johann B
Saam met vriende
5.0
Puik waarde vir geld. N Heerlike blyplek wat regtig baie beter is as wat dit op die advertensie lyk. Ek sal dit ten alle tye aanbeveel.
Mei 2025
Sheree L
Saam met lewensmaat
5.0
Breathtaking. A truly unforgettable place where you will make memories that will last a lifetime. We did not want to leave and can't wa...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Leanne Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 17

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • R341, Ribboksfontein, De Rust, 6651, Wes-Kaap
  • Gaste dink Ribboksfontein Guest Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 7 500
per nag, vir 10 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 7 500
per nag, vir 10 mense
Vanaf
R 7 500
per nag, vir 10 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R341, Ribboksfontein, De Rust, 6651, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA26de48e78616459226817b38ed8f975f01a0b01ffd1f554107cc30a5e98489e0d977690dacab9a19d5bb6be24c1eec2ea80a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R7 500 per nag, vir 10 mense 17 5 1 5 R341 Ribboksfontein 6651 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.472867159743 22.651259913982

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang