Successfully reported
+56

Rietfontein Guest Farm

  • Kapasiteit: 20 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Farm Rietfontein, Off the R62, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 200 per nag (plek vir 4)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Rietfontein Guest Farm is in die heuwels tussen Barrydale en Ladismith weggesteek en bied gasteverblyf in 5 selfsorgkothuise op 'n plaas. Die kothuise word met voetpaadjies en -bruggies aan mekaar verbind. Peperbome en riete rondom die eenhede sorg vir privaatheid.

Elke kothuis beskik oor 2 slaapkamers, een met 'n dubbelbed en een met 2 enkelbeddens, en 'n badkamer met 'n stort. Beddegoed en handdoeke word voorsien vir gaste se gerief. Die kombuise is elk toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas en 'n eetkamertafel. Die kothuise het elkeen 'n kaggel en 'n buitebraai. Al die kothuise het 'n stoep en 'n privaat warmbadjie wat met 'n houtvuur verhit word. Gaste moet asb. hul eie kos en drinkgoed saambring.

Die plaas is in die suidelike voorheuwels van die Touwsberge geleë, so dis die perfekte wegbreek as hou van afgeleë plekke en pragtige uitsigte hou. Die plaas en die omgewing is ook die tuiste van 'n netwerk voetslaan-, bergfiets- en voertuigroetes.

Wees asb. bewus dat die eenhede totaal onafhanklik van die tradisionele kragnetwerk is. Daar is nie Eskom-krag hier nie. Al die kothuise het 12V-krag van sonpanele vir die ligte en die stoof en geiser werk met gas. Geen 220V-toebehore sal hier werk nie.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 23 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Gerhard L
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker ontvang, heerlik oornag, sal weer terugkeer. Heerlik ontspan, gasvryheid is tops, stilte is net wat ons nodig gehad het.
Sep 2025
Lukas V
Saam met vriende
5.0
Soos reeds aangedui, 5 sterre op alle gebiede. Na ek alles met 5 sterre gemerk het, word die vraag gevra en dis 'n vereiste dat ek antwoord. Dis sal m...
Sien meer
Jun 2025
Larghlushca S
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige uitkyk op die berge, pragtige sterre kyk. Mooi skoon, lekker privaat. Was 'n wonderlike plekkie net om so bietjie te rus.
Feb 2025
Nadia F
Gesin met klein kinders
5.0
Stokbrood onder die sterre en laataand afkoel in die swembad na 'n heerlike dag. Ons het 'n heerlike wegbreek geniet. Al was dit baie warm, kon ons af...
Sien meer
Des 2024
Magareta D
Gesin met klein kinders
5.0
Very welcoming stay. Tranquility at its best! Highly recommended! Wow, what a great experience for mind, body, and soul at Rietfontein ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Rietfontein Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 23

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Farm Rietfontein, Off the R62, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
  • Gaste dink Rietfontein Guest Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 200
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R 1 200
per nag (plek vir 4)
Bespreek
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Farm Rietfontein, Off the R62, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAS3nvBbHTMfFW4xHrZg8FPHqa6uxFH8jV6TOGHIleaRregw8tNL?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag (plek vir 4) 23 5 1 5 Farm Rietfontein Off the R62 6655 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -33.585841666667 21.004444444444
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang