Successfully reported
+65

Rietpoort Gastehuis

  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rietpoort Farm, Britstown, 8782, Noord-Kaap
  • Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Rietpoort Guesthouse lê naby die N12 duskant Britstown in die Noord-Kaap, halfpad tussen Kaapstad en Johannesburg. Dis die perfekte oornagplek waar jy jou vakansie in plattelandse elegansie en gemak kan begin.

Daar is 2 kothuise wat pragtig ingerig is. Die antieke stinkhoutmeubels bied 'n egte ouwêreldse atmosfeer. Elke kothuis bestaan uit 'n klein kombuisie, sitarea, 'n badkamer met 'n stort en 'n bad, en 2 slaapkamers. Skoon, wit linne, vere-duvets en skoon handdoeke word voorsien. Elke kothuis is privaat en volledig toegerus vir selfsorg, en het WiFi en 'n TV met Netflix.

Ander geriewe sluit in waaier en verwarmers in die kamers, 'n kaggel en lugversorging in die leefarea. Braaigeriewe is ook beskikbaar. Hout kan gekoop word op die perseel.

Aktiwiteite in die omgewing sluit in swem, voetslaan en bergklim. Om in dié deel van die land sterre te kyk is regtig iets om te beleef. Moet ook nie die fantastiese Karoo sonsondergang misloop nie.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 162 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Elise O
Saam met vriende
5.0
Pragtig, skoon, netjiese verblyf baie goed toegerus met regte plaas atmosfeer. Baie mooi rustige plaas met baie diere en mooiste sonsondergang. Pragti...
Sien meer
Sep 2025
Willie C
Gesin met klein kinders
5.0
Heerlike oornag akkommodasie in die Karoo. Netjiese, skoon en gerieflike akkommodasie. Warm komberse en 'n kaggel 'n bonus in die koue Karoo aande.
Jul 2025
Ben V
Saam met lewensmaat
5.0
Als puik van die huis tot die diere. Rus vir die siel in die skoon vars lug van die Karoo. Gasvrou uiters vriendelik en behulpsaam.
Mei 2025
Loulene O
Gesin met klein kinders
5.0
Gerieflik, gemaklik en baie rustig. Rietpoort het alles wat mens nodig het. Die plaas is pragtig. Ons sal beslis weer daar oorslaap.
Mei 2025
Servaas H
Gesin met klein kinders
5.0
Baie lekker oornag, gerieflik en naby die teerpad. Sien sterre.
Apr 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Andrea Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 162

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • Rietpoort Farm, Britstown, 8782, Noord-Kaap
  • Gaste dink Rietpoort Gastehuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 000
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 000
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rietpoort Farm, Britstown, 8782, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb07ec678ff7b2475181baf92c0094b0344f150597814102a3f6a1f4a3c4c40984eb25408b8bdefc8424376bf0b4b15b2cd47?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense 162 5 1 5 Rietpoort Farm Britstown 8782 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -30.765470972673 23.469193717637
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang