River Kaya Accommodation
- Kapasiteit: 24 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Portion 16 Erf 713, Oyster Bay Rd, St Francis Bay, 6312, Oos-Kaap
- Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Die River Kaya bied selfsorgverblyf langsaan die Krommerivier, net 12 km van St. Francis af, een van die top-vakansiebestemmings op die pragtige Tuinroete. Dit is omtrent 8 km van die St. Francisbaai-monding. Die laaste 8 km na die verblyf is 'n grondpad. 'n Voertuig met 'n hoë grondvryhoogte word aanbeveel.
River Kaya bied 3 aparte verblyf-opsies: Die Fish Eagle-selfsorghuis met slaapplek vir 10 gaste, Die Woodpecker Shack met slaapplek vir 8 gaste en die Kiewiet met slaapplek vir 6 gaste.
Die Fish Eagle beskik oor 5 slaapkamers, 2 en suite-badkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n toilet, wasbak, bad en 'n stort. Die tweede, derde en vierde slaapkamers het elkeen 'n dubbelbed, en die vyfde slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n toilet, wasbak en 'n stort. Daar is nog 2 badkamers, een met 'n stort en die ander met 'n bad.
Die Woodpeckers Shack is ideaal vir 'n pa-en-seun-naweek of gesinswegbreke. Daar is 4 slaapkamers. Twee slaapkamers het 'n dubbelbed of koningingrootte-bed en die ander 2 het stapelbeddens. Die badkamergeriewe sluit 'n slegs storte in. Daar is 'n oopplan-braaiarea en -sitkamer.
Die Kiewiet beskik oor 3 slaapkamer met 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Al 3 slaapkamers het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-stort.
Die verblyf is gefokus op herwinbare energie. Sonkrag met 'n omsetter en batterye hou die ligte aan gedurende kragonderbrekings.
Daar is 'n venue langsaan die rivier beskikbaar wat geskik is vir tot 80 mense indien vooraf gereël. Daar is heelwat doendinge in die area soos visvang, kajak vir groepe van tot 12 mense, voetslaanroetes, bergfietsroetes, ontspanning en voëlkyk.
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Lindy Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 27
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Portion 16 Erf 713, Oyster Bay Rd, St Francis Bay, 6312, Oos-Kaap
- Gaste dink River Kaya Accommodation het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 24 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Portion 16 Erf 713, Oyster Bay Rd, St Francis Bay, 6312, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang