Successfully reported
+17

Riverclub 4217

  • Kapasiteit: 11 persone
    10 volwassenes, 1 baba
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 4217 Zambezi Crescent, The River Club, Plettenberg Bay, 6600, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 500 per nag, vir 10 mense

Beskrywing

Riverclub 4217 is 'n luukse, ruim en goedtoegeruste selfsorghuis wat sentraal geleë is in die Riverclub-kompleks aan die oewer van die Piesangrivier in die kusdorpie Plettenbergbaai. Hier kan jy heerlik rus en ontspan. Hierdie vyfslaapkamerhuis bied eersteklas-akkommodasie vanwaar die area se asemrowende strande, ongelooflike woude en natuurskoon verken kan word. Dit is ook net 5 minute se ry van die gholfbaan en gimnasium af.

Hierdie luukse huis is sonnig en lugtig aan die binnekant. Die dekor bestaan uit minimalistiese, neutrale sandskakerings en goeie gehalte afwerkings. Die groot oopplan-leefarea lei na 'n patio met buitelug-eetkamergeriewe wat uitkyk oor 'n visdam en pragtige tuine. Daar is ondervloerse verhitting in die leefareas en 'n gaskaggel in die sitkamer vir die koeler wintermaande.

Die grondvloer bestaan uit 'n oopplan-sitkamer, 'n eetkamer wat lei na 'n stoep met braaiplek, 'n ten volle toegeruste kombuis met 'n skottelgoedwasser, 'n tuimeldroër, wasmasjien, dubbeldeur-yskas-vrieskas, mikrogolfoond en 'n gasstoof met 'n elektriese oond. Daar is 1 luukse kamer met 2 enkelbeddens, 'n gastetoilet en 'n dubbelmotorhuis.

Die eerste verdieping bestaan uit 4 ruim, luukse slaapkamers. Twee van die slaapkamers het 'n dubbelbed en een slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Die hoofslaapkamer en een van die dubbelkamers het 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort en 'n wasbak. Daar is verder twee slaapkamers, waarvan een op die grond verdieping is met 2 enkelbeddens. Die 2 enkelbedkamers en die laaste dubbelkamer deel 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n bad. Al die kamers lei na 'n sitarea.

Daar is 'n slim-TV met die volle DStv-pakket op die grondverdieping. WiFi is op die grondverdieping en die eerste verdieping beskikbaar. Ander geriewe in die huis sluit in 'n kampkot, babastoel, tennisrakkette en -balle, strandstoele, 'n sonsambreel, strandrakette en -balle, strandhanddoeke, komberse en waaiers, en 'n kluis in die hoofslaapkamer vir waardevolle besittings. Daar is 24-uur sekuriteit en veilige parkering.

Die eiendom het 'n omsetter en sonkrag, en dus word gaste nie deur beurtkrag geaffekteer nie.

Die sekuriteitskompleks het 'n varswaterswembad wat omhein is maar nie 'n net of skerm oor het nie en daar is ook 2 tennisbane en muurbalbane. Dit is 10 minute se stap van Central Beach en die Beacon Isle Winkelsentrum af waar gaste 'n Spar, apteek, tandaarts, dokter, verskeie restaurante en 'n drankwinkel is.

Kamer-opset

5 Slaapkamers 3 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

3

1 x Koningingrootte-bed

1 x Kinderbedjie

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Mooi uitsig
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 50 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
David M
Gesin met klein kinders
5.0
Very nice place to stay, very clean. Will recommend this house any time.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2025
Tanja C
5.0
Rustige atmosfeer. Lieflike, ruim en goed toegeruste huis in die mooiste omgewing.
Sep 2025
Niel V
5.0
Ek wil weer terugkom! Baie groot, en baie gerieflike blyplek. Beste is die fantastiese stoep.
Jun 2025
Marjolein J
Gesin met klein kinders
5.0
Uitstekende waarde vir geld en ligging fantasties. Baie dankie vir jou gasvryheid. Ons sal vir seker weer in jou huis gaan bly as ons in Plett wil gaa...
Sien meer
Mei 2025
Melissa M
Gesin met klein kinders
5.0
I will go again and again and again and again. Absolutely amazing. Absolutely divine!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Tania Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 50

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • 4217 Zambezi Crescent, The River Club, Plettenberg Bay, 6600, Wes-Kaap
  • Gaste dink Riverclub 4217 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 3 500
per nag, vir 10 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 3 500
per nag, vir 10 mense
Vanaf
R 3 500
per nag, vir 10 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 11 persone
    10 volwassenes, 1 baba
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 4217 Zambezi Crescent, The River Club, Plettenberg Bay, 6600, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGQ2ZWE1MTVjLTVhNzUtNDcyMi05ZGI2LWYwZjE0ODkyYWVkMQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 500 per nag, vir 10 mense 50 5 1 5 4217 Zambezi Crescent The River Club 6600 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -34.061214249845 23.367504179478

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang