Successfully reported

Roll-Inn@Myrtle

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 18 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.7
Drienie En Chris V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2025

Veilig, ontspanne en waarde vir geld. Baie goed en aangenaam. Dankie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Bronwyn K
1 nag Gesin met tieners
5.0
Okt 2025

Rustig, gerieflik en silwerskoon. Reneé se plekkie is puik. Pragtige area, en die fasiliteite is fantasties. Alles is silwerskoon. En Reneé het aan alles gedink. Sal wel aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Nell-marie L
Kort verblyf
5.0
Jul 2025

Uitstekende troeteldier vriendelike akkommodasie. Fantastiese en skoon akkommodasie met die wonderlike gemoedsrus, jou troeteldier is welkom en baie veilig. (Kan nie uit nie! Aparte ruim binnehof, deel van die akkommodasie opset). Eienaar baie vriendelik. Veilige area en genoegsame parkeering.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Reneé
Roll-Inn@Myrtle
Nell-Marie, dankie vir jou positiewe resensie. Troeteldiere is altyd welkom en veilig. Dankie dat jy hier bespreek het.

Bryan W
1 nag Besigheidsreis
5.0
Jun 2025

Sal weer daar bly. Baie mooi plek en ons gasvrou was baie vriendelik.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Reneé
Roll-Inn@Myrtle
Dankie dat jul by ons bespreek het. Netjies en baie stil.

Wessel V
Lang verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2025

Daar is net een woord. Ons het baie, baie lekker gebly. Ja, het baie lekker gebly. Die gastehuis is goed ingerig. Baie netjies. Uiters behulpsame diens. Reneè het uit haar pad gegaan om ons tuis te laat voel en haar beste diens gegee.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Reneé
Roll-Inn@Myrtle
Wessel, julle was sulke aangename, stil gaste. Dankie vir die positiewe terugvoer.

Marius K
Lang verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2024

Roll-Inn@Myrtle is beslis rolstoeltoeganklik en ons het niks meer verlang nie. Heerlik, rustig en ons is bederf.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Reneé
Roll-Inn@Myrtle
Baie dankie vir die resensie. Julle is as gaste ontvang, maar het verseker as vriende vertrek. Rolstoeltoeganklikheid is vir Roll-Inn@Myrtle baie belangrik.

Louisé C
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Apr 2024

Heerlik, rustig, mooi, netjies & ontspannend. Reneé het definitief 'n aanvoeling & passie vir gasvryheid; sy het al ons verwagtinge oortref met haar skoon, smaakvolle plekkie, wat met die fynste detail toegerus is. Ons het veilig, welkom en gemaklik gevoel & geniet om saans te kon kuier in die tuintjie. Troeteldier vriendelik; ons sal ons hondjies met gemoedsrus saambring met 'n volgende geleentheid. Baie dankie liewe Reneé, jy sien ons definitief weer in die toekoms!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Reneé
Roll-Inn@Myrtle
Louise, dankie vir die mooi woorde in jou resensie. Julle was spesiale gaste by Roll-Inn@Myrtle. Enige tyd welkom met troeteldiere!

Karin H
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Feb 2024

Wow! Julle sien ons beslis weer! Baie dankie vir die gasvryheid! Wat 'n belewenis! Die gasvrye ontvangs met aankoms het ons sommer tuis laat voel! 'n Heerlike, ruim kamer met genoeg pakplek vir bagasie. Die aandag aan detail en die klein bederfies het ons baie spesiaal laat voel. Ons het baie lekker gerus na 'n lang pad op die motorfiets. Baie dankie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Reneé
Roll-Inn@Myrtle
Karin, dankie vir die goeie resensie. Julle was sulke aangename gaste. Ek is nog steeds spyt ek het nie 'n foto van julle op daardie groot ysterperd geneem nie. Mag dit met julle goed gaan.

Elizma C
1 nag Gesin met klein kinders
4.8
Feb 2024

Rene en haar man is ongelooflik gasvry en dit was net 'n plesier om daar te bly! Baie lekker! Uiters skoon en netjies en Rene doen soveel ekstra moeite as wat sy moet. Water, sappies, muffins, beskuit en lekker koffie. Was baie beïndruk en sal beslis weer daar oornag sou ons weer Jeffreys toe gaan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Reneé
Roll-Inn@Myrtle
Dankie dat julle hier oorgebly het. Was plesier om sulke aangename gaste te akkommodeer.

Hendrik M
Kort verblyf
4.2
Nov 2024

Good stay. Friendly host, really trying hard, supplying with all sorts of treats, neat.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
3.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Reneé
Roll-Inn@Myrtle
Dankie vir die positiewe terugvoer.

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Reneé Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 18

Op LekkeSlaap 2 jaar

Vanaf
R 1 450
per nag (plek vir 3)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 450
per nag (plek vir 3)
Vanaf
R 1 450
per nag (plek vir 3)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 12 Myrtle Street, Wavecrest, Jeffreys Bay, 6330, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA694eead84e8c0a982579067f05221201dac5fed852d9561fb6ebd342b44756bbe967e79c813f72f8a5e9ef855e93142a2308?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 450 per nag (plek vir 3) 18 5 1 5 12 Myrtle Street Wavecrest 6330 Oos-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -34.039249716566 24.922683211174

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang