Successfully reported
+59

Route 25 Farmstead

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R25, Farm Kameelzynkraal Portion 78, Bronkhorstspruit, 0181, Gauteng
  • Vanaf R1 600 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Route 25 Farmstead bestaan uit 2 selfsorg-eenhede wat op die eienaar se plaas geleë is, ongeveer 13 km buite Tierpoort, Gauteng. Dis 'n ideale keuse vir vriende en familie wat op soek is na 'n ontspanne ontsnapping om weg te kom van die stad se gewoel.

Route 25 Farmstead 1 kan tot 7 gaste akkommodeer in 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en het 'n en suite-badkamer met 'n bad, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en 'n enkelbed, terwyl die derde slaapkamer met 2 enkelbeddens ingerig is. Die gedeelde badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, eetgerei en breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n ontbyttoonbank met stoele. Die sitkamer is ingerig met gemaklike rusbanke en 'n TV. Die eetkamer het 'n groot etenstafel.

Route 25 Farmstead 2 het slaapplek vir tot 5 gaste in 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die eerste slaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Die gedeelde badkamer het 'n stort, bad, wasbak en toilet. Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, eetgerei en breekware, tee- en koffiemaakgeriewe. Die leefarea is ingerig met gemaklike rusbanke en 'n TV. Die eetarea het 'n groot etenstafel.

Toegang tot WiFi is beskikbaar in beide eenhede en linne en handdoeke word voorsien. Gaste het toegang tot 'n onderdakstoep met 'n etenstafel, braaigeriewe, 'n ruim tuin en veilige parkeerplek op die perseel.

Die eiendom is ongeveer 47,6 km vanaf Pretoria se sakekern sowel as naburige voorstede waar gaste geriewe soos winkels en restaurante kan geniet. Route 25 Farmstead is naby baie trou-venues, skietbane en fietsparke geleë.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 4 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Kyla Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 4

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • R25, Farm Kameelzynkraal Portion 78, Bronkhorstspruit, 0181, Gauteng
  • Gaste dink Route 25 Farmstead het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 600
per nag (plek vir 5)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 600
per nag (plek vir 5)
Vanaf
R 1 600
per nag (plek vir 5)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R25, Farm Kameelzynkraal Portion 78, Bronkhorstspruit, 0181, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA561a48801e52e3704b1254bcee1e3ee4d69abd70392d25920357927945a2884696ced32fe11ecf566773a1387af0c36075cc?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 600 per nag (plek vir 5) 4 5 1 5 R25 Farm Kameelzynkraal Portion 78 0181 Gauteng 021 201 8901 12:00-20:00 10:00 -25.927559451827 28.500393208903
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang