Successfully reported
+57

Ruby Sands

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 16 Minerva South Road, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R3 600 per nag, vir 6 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Ruby Sands is in Ballito geleë, 'n gewilde dorp aan die Dolfynkus van KwaZulu-Natal. Hierdie vakansiehuis bied lieflike uitsigte oor die see en is stapafstand van al die strande, plaaslike winkels en restaurante af.

Die huis het 3 ruim slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer is ideaal vir 4 kinders en beskik oor 2 stapelbeddens. Daar is 2 enkelbeddens in die derde slaapkamer. Al die kamers het ingeboude kaste. Daar is 'n gesinsbadkamer met 'n stort-oor-bad en 'n aparte gastetoilet.

Die sitkamer en eetkamer is gemeubileer en beskik oor lugversorging. Skuifdeure lei na die groot onthaalarea. Die kombuis is met 'n mikrogolfoond, gasstoof, yskas-vrieskas, ysmasjien, koffiemasjien en 'n aparte opwaskamer met 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër en diepvrieskas toegerus.

Die verblyf het 'n omsetter en sonpanele en alle proppe, yskas, waaiers en WiFi kan tydens beurtkrag gebruik word. Die geysers werk met sonkrag en die kombuis het 'n gasstoof.

Ruby Sands beskik ook oor 'n netjiese tuin, 'n swembad en 'n braai-area met 'n boma. Die perseel is heeltemal ommuur en het alarmstelsels, met outomatiese hekke en 'n motorhuis. Let daarop dat Ruby Sands nie onderverhuur word nie.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort-oor-bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
Openbare vervoer naby
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 26 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Sunette B
Saam met vriende
5.0
Lekker blyplek en bonus, jou honde kan saam. Het lekker gebly by Ruby Sands saam my hondjies.
Okt 2025
Jaco C
Gesin met tieners
5.0
Stil rustige area, naby die see. Ruim huis, nie te ver van die strand af nie. Goed toegerus.
Jul 2025
Yolani J
Gesin met klein kinders
5.0
Home away from home. Ons het heerlik gekuier en geslaap. Daar is alles wat nodig is en meer. Baie vriendelik ontvang en niks was te veel moeite.
Jul 2025
Vivienne L
Saam met lewensmaat
5.0
Ruby Sands was such a delightful stay. The perfect location, with a sea view. Ruby Sands was such a delightful stay. The perfect locati...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2025
Elmari S
Saam met lewensmaat
5.0
Alles en nog meer tot jou beskikking. Dit was onvergeetlik lekker gewees. Dit was een vir die boeke gewees.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Lyndie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 26

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • 16 Minerva South Road, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Ruby Sands het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 3 600
per nag, vir 6 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 3 600
per nag, vir 6 mense
Vanaf
R 3 600
per nag, vir 6 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 16 Minerva South Road, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA83f6140978b8f0dcea08ccfb92ef1ddddf0c6ceec1299db48634fbaf5b3089c1df14af82ca7eb791e52e36c4be4e96631065?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 600 per nag, vir 6 mense 26 5 1 5 16 Minerva South Road Ballito 4399 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -29.541297 31.214214
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang