Rugged Rocks - Sea Forever
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 38 Freshwater Road, Port Alfred, 6170, Oos-Kaap
- Vanaf R2 332 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Rugged Rocks - Sea Forever is 'n strandhuis in Port Alfred, die hartjie van die Sonskynkus. Dit bied verblyf tussen Melkhoutbome en inheemse plantegroei op 'n 10-akker-eiendom met 'n privaat strand. Dit is die ideale ligging vir gaste wat op soek is na 'n ontspanne wegbreek naby die see.
Dié huis beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers en bied slaapplek aan tot 6 mense. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en het 'n en suite-badkamer met 'n spa-bad en stort. Die 2 oorblywende slaapkamers is elk ingerig met 2 enkelbeddens, en die gastebadkamer het 'n stort.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n eetarea, 'n sitkamer wat met gemaklike rusbanke en 'n TV gemeubileer is. Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond en mikrogolf. Gaste moet hul eie strand- en badhanddoeke saambring. Braaigeriewe is beskikbaar.
Gaste kan doendinge geniet soos visvang, swem in rotspoele en die gemeenskaplike swembad, en gholfspeel by die Port Alfred-gholfbaan.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Rugged Geverifieer
Eiendomme 9
Resensies 7
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- 38 Freshwater Road, Port Alfred, 6170, Oos-Kaap
- Gaste dink Rugged Rocks - Sea Forever het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 38 Freshwater Road, Port Alfred, 6170, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang