Ruslamere Hotel
- Kapasiteit: 66 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 14 Langeberg Road, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
- Vanaf R1 444 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Ruslamere Hotel is in die hartjie van die Durbanville-wynvallei geleë en bied gerieflike verblyf in 33 lieflike suites en ateljee-opsies. Die hotel is binne maklike bereik van Kaapstad se bekende landmerke, asook die Stellenbosch- en Franschhoek-wynlande. Ruslamere Hotel is ideaal geleë halfpad tussen die Wynlande en die Waterfront, en is die perfekte verblyf vir beide ontspannings- en sakereisigers.
Verblyf word gebied in 6 eenslaapkamer-suites, 19 luukse ateljees en 8 luukse selfsorg-ateljees. Elke suite of ateljee het lugversorging en beskik oor 'n gemaklike slaapkamer met 'n koninggrootte-bed wat op versoek in 2 enkelbeddens omskep kan word. Die eenhede het 'n en suite-badkamer met slegs 'n stort. Kwaliteit linne en badhanddoeke word voorsien om 'n heerlike nag se slaap te verseker. Die suites en ateljees is toegerus met 'n TV met sekere DStv-kanale, WiFi, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n lessenaar.
Die selfsorg-ateljees bied 'n kombuisie wat toegerus is met 'n mikrogolfoond en 'n yskassie. Ruslamere Hotel bied konferensielokale en 'n buiteswembad. Veilige parkeerplek van die straat af is beskikbaar, en die hotel het 'n kragopwekker.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
3.8/5
Marion Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 7
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- 14 Langeberg Road, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
- Gaste dink Ruslamere Hotel het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 66 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 14 Langeberg Road, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang