Rustic Ruby Central @77 Independence
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 77 Independence Avenue, Windhoek, Khomas
- Vanaf R4 562 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Rustic Ruby Central @77 Independence bied gemaklike selfsorgverblyf in 'n ruim eenheid in Windhoek, Namibië, ideaal vir 'n gesinswegbreek.
Hierdie pragtige eenheid bestaan uit 2 slaapkamers en 1 badkamer, wat slaapplek bied vir 4 gaste op 'n slag. Die hoofslaapkamer is gemeubileer met 'n dubbelbed, en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Hierdie slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet.
Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, oond, stoof, broodrooster, ketel, eetgerei en breekware. Vir ekstra gerief is 'n wasmasjien ook beskikbaar. Vanuit die kombuis is 'n eetkamertafel met 4 sitplekke, perfek vir etes. Die sitkamer is gemeubileer met gemaklike rusbanke en 'n TV met DStv-kanale, asook gratis WiFi.
Gaste het toegang tot die gebou se gemeenskaplike geriewe, wat 'n swembad en 'n gimnasium insluit. Hierdie gebou is gerieflik geleë in die middel van die dorp, omring deur restaurante, die kunsvlytmark, winkels, wonderlike historiese plekke sowel as wisselkantoor's.
Veilige parkering is op die perseel beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.1/5
Shantelle Geverifieer
Eiendomme 17
Resensies 17
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- 77 Independence Avenue, Windhoek, Khomas
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 77 Independence Avenue, Windhoek, Khomas
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang