Saints View Resort Unit 11
-
Kapasiteit: 8 persone
6 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Corner of Collin Street and Stafford Road, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 550 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Saints View Resort Unit 11 is 'n selfsorgwoonstel op die eerste verdieping aan KwaZulu-Natal se Hibiskuskus. Dis stapafstand vanaf die gewilde Uvongo-hoofstrand en sy prentjiemooi strandmeer. Die meeste eenhede het pragtige see-uitsigte.
Saints View Resort Unit 11 het slaapplek vir 6 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede en derde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens. Daar is 'n dubbelslaapbank vir kinders onder die ouderdom van 12 in die leefarea. Elke badkamer het 'n stort en bad. 'n OpenView-dekodeerder is beskikbaar.
Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en die sitkamer het voorafbetaalde lugversorging. Elke slaapkamer het 'n dakwaaier. Die sitkamer en hoofslaapkamer bied toegang tot 'n groot balkon met ingeboude braaigeriewe.
Dié eksklusiewe oord beskik oor 'n minigholfbaan met 9 putjies, 'n klimraam en 'n kristalhelder swembad. Veilige kelderparkeerplek is beskikbaar op die perseel.
Kom baljaar by ons bekend Water World by Wild Coast Sun, besoek Mac Bananas 5 km voor Port Edward en Lake Eiland en gaan op plaaslike seevaarte.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
1 x Kinderbank vir 2
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Rané Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 739
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Corner of Collin Street and Stafford Road, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Saints View Resort Unit 11 het ’n baie goeie ligging
-
Kapasiteit: 8 persone
6 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Corner of Collin Street and Stafford Road, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang