Salt Water House
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 5 Awie Coraizen Close, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Vanaf R1 960 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Salt Water House is 'n ruim en smaakvol versierde, selfsorg-vakansiehuis in Paternoster. Die huis bied slaapplek aan 4 mense en is net 100 m van die strand af.
Die huis beskik oor 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer, geleë op die onderste verdieping, bied 'n dubbelbed en en suite-badkamer met 'n bad en stort. Die tweede kamer is ingerig met 2 enkelbeddens. Daar is 'n badkamer wat slegs met 'n stort toegerus is.
Daar is ook 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -sitkamer in die huis. Die kombuis is volledig toegerus met 'n gasstoof, 'n elektriese oond, 'n yskas, eetgerei en breekware. Die sitkamer is ruim met gemaklike sitplek, 'n TV met die volledige DStv-ruiker en 'n kaggel. Gratis WiFi-internettoegang word ook voorsien.
Buite het gaste toegang tot 'n patio met 'n ingeboude braaigeriewe asook 'n toesluitmotorhuis en motorafdak. Beperkte uitsigte is vanaf die patio beskikbaar. Ons is jammer, troeteldiere word nie toegelaat nie.
Salt Water House is naby die plaaslike restaurante en winkels. Dit is die ideale verblyf-opsie vir 'n gesin wat die Weskus besoek.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Reservations Geverifieer
Eiendomme 68
Resensies 1905
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- 5 Awie Coraizen Close, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Gaste dink Salt Water House het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 5 Awie Coraizen Close, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang