Successfully reported
+11

Salty Waters BnB

  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 65 General Delarey Street, Delareyville, Delareyville, 2770, Noordwes
  • Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Salty Waters B&B is geleë in Delareyville waar die warm son helder en met mening op jou skouers skyn. Die hitte word darem elke dan en wan gebreek deur die stromreën wat weer die plek afkoel.

Ons bied 10 kamers elk met 'n dubbelbed asook en suite-badkamer. In die kamers is daar ook 'n yskassie, DStv, lugversorging, koffiemasjien, lessenaar en strykplank. Rook is verbode in die kamers. Ons bied 'n skoonmaak- en klerewasdiens, dis toeganklik vir rolstoele en daar is veilige parkering. Publieke toilette is beskikbaar. Daar is ook 'n restaurant/koffiewinkel op die perseel.

Baberspan Bird Santuaries word gesien as een van die grootste bewaringsplekke vir watervoëls in Suidelike Afika. Daar is 2 000 ha van watergebied wat deur RAMSAR geakkrediteer is. Laasgenoemde aksentueer ook die belangrikheid van die area vir watervoëls en voëls wat migreer. Die bewardingsgebied is geleë aan die buitewyke van Delareyville en is ook naby aan Vryburg. Dis ongeveer 3 ure se ry vanaf JHB.

Baberspan vorm deel van 'n reeks panne wat aan die fossielbed van die Hartsrivier lê. Hierdie pan, wat sowat 600 m wyd en 1 550m lank is, is binne-in die bewaringsgebied geleë. Meer as 12 000 voëls en meer as 365 voëlspesies was al hier opgemerk. Daarom is die plek ook 'n baie gewilide besoekplek vir voëlliefhebbers. Van die voëls wat jy hiert sal sien sluit in flaminke, pelikane, duikers, seeswaweltjies, reiers, kraanvoëls, ibis en grootreiers, en talle eendspesies. Daar is ook ander spesies.

Die area is ook gewild vir visvang en talle visvangkompetisies word hier gehou. Kamp word langs die oewer toegelaat en daar is ook talle voetpaaie. Die bewaringsgebied is daagliks oop vanaf 06:00 - 18:00.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie

Resensies

3.3/ 5

Gebaseer op 4 resensies


Netheid
3.5
Ligging
3.8
Waarde vir geld
3.3
Diens
3.3
Veiligheid
3.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

3.3/5

Isak Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 4

Op LekkeSlaap 15 jaar

Ligging

  • 65 General Delarey Street, Delareyville, Delareyville, 2770, Noordwes
  • Gaste dink Salty Waters BnB het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 000
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 000
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 65 General Delarey Street, Delareyville, Delareyville, 2770, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2e6540833b62df20e187be6297a702c9973582a88c977e080d7b9df0ef807471e5c22044598b192612e81937166d338dcdf1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense 4 5 1 4 65 General Delarey Street Delareyville 2770 Noordwes 021 201 8901 12:00-19:00 10:00 -26.682434932862 25.458433628082
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang