San Lameer Villa 1910
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R61 San Lameer Estate, San Lameer Villa 10301, Lower South Coast, 4277, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 675 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
San Lameer Villa 1910 is 'n eksklusiewe selfsorgvilla op die San Lameer-landgoed op die suidkus van KwaZulu-Natal. Hierdie subtropiese paradys spog met 'n oorvloed fauna, flora en voëllewe en bied 'n wegbreek vir die hele familie. Die 200 hektaar-bewarea het ook 'n 18 putjie-kampioenskapgholfbaan, 'n hotel met 'n spa, restaurant, kroeg, luukse villas en bied direkte toegang tot 2 blouvlagstrande.
Die villa het lugversorging en is geskik vir 4 gaste. Dit beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die ander slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort-oor-bad, toilet en wasbak. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.
Die leefarea het 'n sitarea, eetarea en 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, wasmasjien, tuimeldroër en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die eetarea het 'n ronde tafel met sitplek en die sitarea het gemaklike sitplek ,'n klein tafel en 'n TV met DStv.
Die skuifdeure maak oop op 'n stoep wat buitemeubels soos 'n etenstafel en 4 stoele het. Daar is ook 'n klein tafel, 'm alleenstaande braai en 'n bankie waarop gaste kan ontspan terwyl hulle die uitsig oor die privaat tuin geniet.
Verder kan gaste by die gemeenskaplike swembad ontspan en die landgoed het 'n loweryke omgewing met tuine waar hulle kan piekniek hou, 'n speelarea vir kinders, fietse wat gehuur kan word, 'n dam vir visvang en voëlkykgeleenthede. Daar is ook gemeenskaplike braai-areas en voetslaanpaaie.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort-oor-bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Marieta Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 94
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- R61 San Lameer Estate, San Lameer Villa 10301, Lower South Coast, 4277, KwaZulu-Natal
- Gaste dink San Lameer Villa 1910 het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R61 San Lameer Estate, San Lameer Villa 10301, Lower South Coast, 4277, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang