Successfully reported
+18

San Lameer Villa 2307

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R61 San Lameer Estate, San Lameer Villa, Lower South Coast, 4277, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R3 375 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

San Lameer Villa 2307 is 'n selfsorgvilla op die San Lameer-landgoed wat op KwaZulu-Natal se kus geleë is en bekend is vir sy subtropiese omgewing, wild, fauna en flora. Die bewarea is 200 hektaar groot en spog met 'n 18 putjie-gholfbaan, 'n hotel met 'n spa, restaurante, kroeg, luukse villas en 2 Blouvlagstrande.

Die stylvolle huis is geskik vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die ander slaapkamers het of 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens. Die eerste badkamer het 'n stort, wasbak en toilet en die tweede badkamer het 'n stort-oor-bad, toilet en wasbak. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.

DIe leefarea het 'n sitarea, eetarea en 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, wasmasjien, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus is. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 8 gaste, asook 'n koffietafel en 'n TV met DStv.

DIe skuifdeure lei na 'n stoep met 'n gemaklike rusbank, 'n piekniektafel en draagbare braai. Gaste kan hier die pragtige uitsig oor die lowerryke landgoed en dam geniet. Veilige parkeerplek is beskikbaar.

Gaste kan by die landgoed se gemeenskaplike swembad afkoel en hulself met die pragtige uitsig bederf. San Lameer bied ook 'n groot, lowerryke omgewing, tuine waarin julle kan piekniek hou, 'n kinderspeelarea, fietse te huur, 'n hengeldam, en 'n dam waar julle kan voëlkyk. Gaste het ook toegang tot die gemeenskaplike braai-areas en die voetslaanroetes op die perseel.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Swembad
TV
Lugversorging
Wasmasjien
DStv
Braai

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Marieta Geverifieer

Eiendomme 100+

Resensies 93

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • R61 San Lameer Estate, San Lameer Villa, Lower South Coast, 4277, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 3 375
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 3 375
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R 3 375
per nag (plek vir 6)
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R61 San Lameer Estate, San Lameer Villa, Lower South Coast, 4277, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0c603d6fe7b75e7d259ebeb862d0140b010681c877f131c290f29efe49d5c7aaf0c37fa8e9747fdd1962c1272e1d73d39752?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 375 per nag (plek vir 6) R61 San Lameer Estate San Lameer Villa 4277 KwaZulu-Natal 021 201 8901 15:00-22:00 10:00 -30.943483543314 30.290320024745

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang