Successfully reported

Sandy Shores No 3

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 16 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Elmien H
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Mei 2025

Absolute juweel van 'n blyplek. Sal weer en weer daar gaan bly! Ons het baie lekker gebly en was aangenaam verras met hoe goed veral die kombuis en res van die huis ingerig was. Kombuis het baie breekware, eetgerei, potte, panne - tot selfs 'n broondpan en mengbakke ens. Die plek was baie netjies, mooi modern gedekor en baie veilig (2 motors in toesluit garage & diefwerings voor al die vensters). Die buite-braai en tuin was 'n ekstra bederf asook al die skoon goeie kwaliteit handdoeke & linne. Die badkamers was groot en meer as genoeg vir ons gebruik. Hoof slaapkamer se lekker groot bed was baie gemaklik met genoeg kussings en ons het heerlik geslaap elke aand. Puntjies vir verbetering: 1) Ons het klein bietjie gesukkel om die plek te kry aangesien 1 van die straatname (Hentie van Merwe straat) se bordjies afgebroke was en ons nie selfoonsein gehad het vir GPS nie (ons fone is nie geroam nie). 2) Die gaste badkamer se stort het baie gou vol water geraak. Miskien net daar loer en herstel. 3) Die WiFi router kon ons glad nie opvang nie. Ons het dit deurgegee vir die eienaar wat haar bes probeer het om dit dadelik te laat herstel (aangesien hulle weg was vir die naweek), maar nie kon regkry nie. Gelukkig was die buurvrou (wat die sleutels gebring het) baie gaaf en sy het haar password vir haar WiFi router (wat ons kon opvang) vir ons gegee. Die sein was dus maar swak met tye omdat die router verder geleë was, maar ons het die WiFi poging baie waardeer sodat ons darem net elke aand ons boodskappe kon kry. Die 3 puntjies het egter so min gepla in vergelyking met die absolute heerlike verblyf wat alle verwagtinge oortref het. Ons sal Sandy Shores dus beslis vir enige ander voornemende gaste aanbeveel en ons sal self weer daar wil kom bly en nie eens rondkyk vir ander blyplekke in Hentiesbaai nie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Janette S
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Apr 2025

Netjies gemaklike verblyf. Baie gemaklike en netjiese verblyf in Hentiesbaai. Ten volle uitgerig en alles beskikbaar wat dit lekker en gemaklik maak vir lang verblyf.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Quinton N
Kort verblyf Gesin met tieners
4.0
Sep 2024

Blyplek is goed toegerus. Ons het baie lekker gebly. Baie dankie. Tydjie daar was baie aangenaam.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Manja
Sandy Shores No 3
Ons is bly om te hoor julle het lekker gekuier. Ons hoop om julle gou weer te sien.

Malinda B
Lang verblyf Gesin met tieners
5.0
Jul 2023

N Tweede tuiste weg van jou huis. Weereens so bederf met die behulpsame en vriendelike mense. Baie gemaklik, netjiese verblyf en ook perfek geleë. Baie dankbaar dat ons weer daar kon bly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Manja
Sandy Shores No 3
Baie dankie vir jul pragtige resensie. Julle is altyd welkom by ons.

Marietjie R
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Jul 2022

Heerlik! Netjiese en baie lekker huis! Ons sal beslis dit aanbeveel en weer daar gaan bly as ons Hentiesbaai toe gaan! Baie goed toegerus!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Manja
Sandy Shores No 3
Baie dankie vir jul mooi resensie. Was heerlik om met jou te kon korrespondeer en ek is bly julle het die vakansie geniet. Ons ontvang julle met liefde enige tyd weer. Manja

Lourens F
Lang verblyf Saam met vriende
5.0
Jul 2022

Baie netjiese en veilige plekkie. Alles was perfek en die eienaar was baie hulpvaardig en betrokke. Kan dit baie sterk aanbeveel!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Manja
Sandy Shores No 3
Baie dankie Lourens. Ons is bevoorreg dat julle ons gekies het vir jul spesiale trippie Namibië toe. Ons wag vir julle, kom gou weer. Groete. Manja

Tiaan L
Lang verblyf Saam met vriende
5.0
Mrt 2022

Uitstekende verblyf wat van gasvryheid oorloop. Ons het by Sandy Shores No 3 gebly vir 11 nagte op ons hengeltoer na Hentiesbaai. Manja en Frieda se gasvryheid spreek boekdele van hoe die mense van Namibia is. Hulle het my gereeld gedurende ons tyd daar gekontak om te hoor of alles nog in orde is, en as daar ietsie was soos die krag wat amper op is, of die WiFi se data wat klaar is, dan het hulle dit spoedig uitgesorteer. Die bonus was natuurlik die dame wat hulle gereël het om die huis skoon te maak vir ons, dit was wonderlik om na 'n dag se visvang terug te kom, en jou visvangklere van die vorige paar dae was gewas en gestryk. Die huis se fasiliteite is uitstekend. Daar is meer as genoeg yskaste en vrieskaste as wat nodig was. Die kombuis is goed toegerus met alles wat jy sou benodig. Die dubbelmotorhuis werk perfek om alles veilig weg te stoor en was groot genoeg vir my Hilux en sleepwa om gemaklik in te pas, daar was tot 'n rak vir jou visstokke om dit mooi netjies te stoor. Sandy Shores No 3 sal my beslis weer sien in die nabye toekoms. Dankie aan Manja en Frieda weer vir julle gasvryheid, ons het sommer tuis gevoel. PS. Die tannie wat langsaan bly deel graag visvangnuus met mens elke middag as jy by die huis stop. Sy was selfs gaaf genoeg om haar fles vir ons te leen nadat ons s'n nie meer water warm gehou het nie. Hentiesbaai/Namibia, julle was tops.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Manja
Sandy Shores No 3
Baie dankie vir jou wonderlike resensie Tiaan. Dis regtig lekker om te hoor ons is nog oppie ball. Ons hoop om julle binnekort weer te sien. SS3 Groete

Freddie K
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Okt 2020

Ongelooflike lekker kuier!!! Een van die beste "Lekkerslaap" eenhede waarin ons nog gebly het!!!! Baie netjies, skoon en goed toegerus.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Manja
Sandy Shores No 3
Freddie, baie dankie vir die pragtige resensie. Ons waardeer jul ondersteuning en hoop om julle gou weer by ons te verwelkom.

Koos J
Lang verblyf Saam met vriende
5.0
Okt 2020

Alles 100% Lekker gekuier huis in orde met alles wat benodig word.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Francois S
Lang verblyf
4.8
Mrt 2020

Baie lekker. Woonstel baie netjies, eienaars baie vriendelik en behulpsaam.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Manja
Sandy Shores No 3
Baie dankie vir die pragtige resensie. Ons sien julle volgende jaar weer.

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Manja Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 42

Op LekkeSlaap 7 jaar

Vanaf
R 1 700
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 700
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R 1 700
per nag (plek vir 6)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 3 Hentie van der Merwe Street, Hentiesbaai, Erongo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc371eaa43594bf2738b1a26b76a48f735d7644169fbf13dfdb0f1249c6bee7e4c6ab7e5c34b2c16b2be0a196256f7ed90805?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 700 per nag (plek vir 6) 16 5 1 5 3 Hentie van der Merwe Street Hentiesbaai Erongo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -22.129734001341 14.288200394843
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang