Successfully reported
+49

SANParks Orpen Rest Camp

  • Kapasiteit: 42 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Off the R531, Kruger National Park, Acornhoek, 1360, Mpumalanga
  • Vanaf R1 702 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

SANParks Orpen Rest Camp is in die wêreldbekende Krugerwildtuin en is op die westelike grens van die park geleë, wat sowat 500 km vanaf Gauteng is. Orpen kan deur middel van verskeie roetes benader word, naamlik Orpen- en Phalaborwa-hek. Dié roetes se paaie is in 'n goeie toestand met die hoofpaaie wat Nasionale paaie is. Die naaste hek is Orpen-hek wat 500 m vanaf die hoofkamp is.

Orpen is 'n klein, pragtige kamp en die naam is afkomstig van Eileen Orpen, wat die grond geskenk het. Baie diere word gelok deur die verspreide bome en wye oop vlaktes wat met gras bedek is. As gevolg hiervan word roofdiere soos cheetahs, leeus en luiperds ook gelok. Orpen is welbekend vir diverse habitat en wild en bied die geleentheid vir naby ontmoetings met olifante, renosters, buffels, leeus en luiperds in hulle natuurlike habitat. Wilde honde, cheetahs, sebras en kameelperde is ook bekend in dié area en is die wildentoesias se paradys.

Die Orpen Rest Camp bied 'n winkel, gemeenskaplike wassery, vulstasie, gemeenskaplike kombuis, ablusieblokke, braaigeriewe, swembad vir oornaggaste en 'n piekniekarea vir dagbesoekers.

Doendinge by die Orpen Rest Camp sluit begeleide bosvoetslaanroetes en wildritte in die oggend, middag en aand in. Timbavati-piekniekoord is sowat 55 km buite die kamp en die Ratel Pan voëlhut is 58 km buite die kamp.

Dít is wat jy hier sal kry

Swembad

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 10 resensies

Uitstekend

Netheid
4.2
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.5
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Jacqueline S
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderful. We stayed at Orpen, which was wonderful except for the rowdy crowd at the gate after closing time on Saturday 20th September...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2025
Marco V
Saam met lewensmaat
5.0
Waarde vir geld. Baie netjies. Vodacom netwerk probleme, geen sin.
Mrt 2025
Sanita K
Saam met lewensmaat
5.0
Onvergeetlik! Kom vir seker weer! Onvergeetlik! Puik diens! Die toilet het gelek en die maintenance mense het dit binne 2 minute kom opvolg en die pro...
Sien meer
Feb 2025
Eugene E
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik gebly net jammer te kort. Het ons een nag verblyf baie geniet!
Apr 2024
Leon S
Saam met lewensmaat
4.6
Aangenaam. Ja, was skoon en netjies, geen klagtes nie.
Aug 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.4/5

LekkeSlaap
Internal ...

Eiendomme 100+

Resensies 1921

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Off the R531, Kruger National Park, Acornhoek, 1360, Mpumalanga
  • Gaste dink SANParks Orpen Rest Camp het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 702
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 702
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 702
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 42 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Off the R531, Kruger National Park, Acornhoek, 1360, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAktBKhFLAxzGSOxifs5x7wfO0uEFa3oRv8pxkyVxguw4yHEh2LL?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 702 per nag, vir 2 mense 10 5 1 5 Off the R531 Kruger National Park 1360 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -24.474373 31.390885

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang