SANParks Skilpad Rest Camp
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Off the N7, Namaqua National Park, 8241, Noord-Kaap
- Vanaf R953 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
SANParks Skilpad Rest Camp is in die Namakwa Nasionale Park geleë. Dié kamp is in die hartjie van die Karoo en strek vanaf die welbekende Skilpad-gedeelte naby Kamieskroon tot by die platorand aan die Weskus. Breek weg na dié dinamiese gebied waar die strawwe klimaat tallose spesies uitstekend by hul habitat laat aanpas het. Blomryke velde, pragtige sterrenagte, kokerbome, granietkoppies en die ysige Atlanties oseaan is maar net 'n paar natuurwonders wat op elke besoeker wag.
Besoekers kan selfsorgverblyf by die Skilpad Rest Camp geniet. Dié kamp beskik oor 4 chalets wat elkeen 2 enkelbeddens in die slaapkamer en 'n driekwartslaapbank vir 1 volwassenes of 2 kinders in die oopplan-leefarea en -kombuisarea het. Die kombuis is volledig toegerus met eetgerei, breekware, kookgerei, glasware, vierplaatstoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, ketel en 'n broodrooster. 'n Eetarea is op die veranda beskikbaar en daar is ook 'n kaggel en 'n buitebraai. Elke eenheid het plafonwaaiers en 220V elektrisiteit. 1 eenheid is aangepas vir gaste wat moeilike beweeg. Al 4 chalets is op 'n platorand en bied onbelemmerde uitsigte oor die kuslyn.
Die hoofingang, ontvangsarea en administratiewe kantore vir die Namakwa Nasionale Park is by Skilpad geleë. Daar is 2 staproetes wat 2 ure neem om te voltooi, 'n piekniekarea met ablusiegeriewe en 'n winkel en kiosk by Skilpad.
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
LekkeSlaap
Internal ...
Eiendomme 100+
Resensies 1919
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Off the N7, Namaqua National Park, 8241, Noord-Kaap
- Gaste dink SANParks Skilpad Rest Camp het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Off the N7, Namaqua National Park, 8241, Noord-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang