Successfully reported
+38

Khaya Mandevu - Schoemanskloof Retreat

Selfsorg
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Falls Fish Farm, Schoemanskloof, Nelspruit District, 2107, Mpumalanga
  • Vanaf R3 095 per nag, vir 7 mense

Beskrywing

Khaya Mandevu - Schoemanskloof Retreat is 'n ruim selfsorg-plaashuis op die Falls Fish Plaas in die pragtige, inheemse en malaria-vrye Schoemanskloof-vallei. Dit is in Mpumalanga op pad na die Krugerwildtuin en is bekend vir die indrukwekkende sirkelvormige klipruïnes.

Die huis bied slaapplek aan 7 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n oopplan-eetarea en -leefarea en 'n aparte kombuis. Daar is 2 slaapkamers met koninggrootte-beddens wat in 2 enkelbeddens omskep kan word en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is matrasoortreksels op die koninggrootte-beddens. 'n Sewende gas kan op die lang rusbank by die ingang slaap. 'n Bababed is in die tweede slaapkamer beskikbaar. Die en suite-badkamer het 'n bad, wasbak en 'n stort en daar is 'n stort, wasbak en 'n toilet in die tweede badkamer.

Die kombuis is met 'n gasstoof en -oond, yskas-vrieskas, broodrooster en skottelgoedwasser toegerus. Die eetarea het 'n etenstafel vir 6 tot 8 gaste met stoele. Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n kaggel. WiFi is op versoek beskikbaar. Daar is 'n onderdakstoep met sitplek en 'n uitsig oor die dam, bos en op die berge. Daar is ook 'n klein plonspoel en 'n buitestort. Die huis het 'n omheinde tuin wat troeteldiervriendelik is en 'n ingeboude braai met 'n braairooster het.

Die plaas is 184 hektaar groot en het 2 klowe met waterstrome en watervalle wanneer daar goeie reën was. Daar is ook 'n rivier aan die onderpunt van die plaas. Die plaas spog met 'n aantal verskillende voetslaanroetes en plaaspaaie en is dus ideaal vir natuurliefhebbers, voëlkykers, voetslaners en bergfietsryers. Paaie is deur die bos gesny en gaste kan vir ure aaneen in die berg gaan stap. Daar is ook baie ou klipruïnes waarvoor die area baie bekend is.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 1 Leefarea 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Leefarea

1

1 x Enkelslaapbank

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
Troeteldiere op versoek
Volledige kombuis
Kaggel
Braai

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 8 resensies

Baie goed

Netheid
4.4
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.0
Diens
4.8
Veiligheid
4.9

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Dee Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 13

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Falls Fish Farm, Schoemanskloof, Nelspruit District, 2107, Mpumalanga
  • Gaste dink Khaya Mandevu - Schoemanskloof Retreat het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 3 095
per nag, vir 7 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 3 095
per nag, vir 7 mense
Vanaf
R 3 095
per nag, vir 7 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Falls Fish Farm, Schoemanskloof, Nelspruit District, 2107, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA86554711abf9dd635105ea4e228966b161d576347fbc2acb65f97b626719d4c373e7cbb3157eb5726dc8b10f37bcf90a7e2b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 095 per nag, vir 7 mense 8 5 1 5 Falls Fish Farm Schoemanskloof 2107 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -25.391862 30.598295
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang