Schwartz Cottage on 22 Kiaat
-
Kapasiteit: 7 persone
6 volwassenes, 1 kind - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 22 Kiaat Road, White River, Mpumalanga, 1240, Mpumalanga
- Vanaf R2 450 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Schwartz Cottage on 22 Kiaat is in 'n stil buurt in Witrivier, Mpumalanga geleë.
Dié selfsorgkothuis beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Elke kamer het 'n koningingrootte-bed en daar is 'n slaapbank vir 'n kind in die leefarea. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet.
Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, stoof, oond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n eetarea en die sitarea het 'n gemaklike rusbank en 'n platskerm-TV met voorafopgelaaide flieks. Die eenheid lei na 'n privaat tuin met braaigeriewe en sitplek.
Die lugversorging in die leefarea kan teen ekstra koste gebruik word.
Daar is 'n aparte privaat kamer 10 m van die kothuis af. Die kamer het 'n privaat tuin en ingang, 'n slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die kombuisie het 'n yskassie, ketel en 'n braaipan.
Doendinge in die omgewing sluit perdry, voetslaan, abseil, bergfietsry, verfbal, boogskiet, vierwielmotorfietsry, wynproe by Rottcher Wineries, en gholfspeel by die Witrivier Buiteklub se 18 putjie-gholfbaan.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Leefarea
1 x Kinderbank vir 1
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Chante Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 10
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- 22 Kiaat Road, White River, Mpumalanga, 1240, Mpumalanga
- Gaste dink Schwartz Cottage on 22 Kiaat het ’n uitstekende ligging
-
Kapasiteit: 7 persone
6 volwassenes, 1 kind - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 22 Kiaat Road, White River, Mpumalanga, 1240, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang