Sea Spray B403
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 4 Marine Drive, Table View, Cape Town, 7449, Wes-Kaap
- Vanaf R1 691 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Sea Spray B403 is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Table View, Kaapstad. Die kompleks is reg oorkant die pad van Bloubergstrandfront.
Dié woonstel is op die vierde verdieping en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort, bad, wasbak en 'n toilet. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, keramiekstoof, elektriese stoof, mikrogolf, ketel, broodrooster, eetgerei, breekware en kookgerei toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, strykyster en strykplank.
Die leefarea langs die kombuis het 'n etenstafel met sitplek vir 6 en die sitarea het 'n TV. Die leefarea lei na 'n privaat balkon met gasbraaaigeriewe. Gratis WiFi is beskikbaar. Die kompleks spog met 'n gemeenskaplike braai-area en 'n verhitte buitelugswembad wat 'n uitsig oor die see en op die berg bied. Daar is 'n hysbak en veilige parkeerplek. Hierdie woonstel het 'n omsetter wat krag aan die ligte en muurproppe voorsien.
Die kompleks is naby restaurante, kroeë en winkels. Dit is 17 km vanaf Kaapstad se middestad en ongeveer 29 km vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
FZP/CTHA Geverifieer
Eiendomme 74
Resensies 327
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- 4 Marine Drive, Table View, Cape Town, 7449, Wes-Kaap
- Gaste dink Sea Spray B403 het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 4 Marine Drive, Table View, Cape Town, 7449, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang