Sea Vista
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 41 Gainsford Place, La Lucia, Umhlanga, 4051, KwaZulu-Natal
- Vanaf R750 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Sea Vista is 'n ruim ateljeewoonstel met 'n privaat ingang en grens aan die eienaar se verblyf in die hartjie van La Lucia, Umhlanga. Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n gesin of 'n klein groepie vriende wat die Dolfynkus wil verken.
Dié oopplan-woonstel met lugversorging bied slaapplek aan 4 gaste. Dit het 'n koningingrootte-bed en 'n dubbelbed. Daar is 'n stort, wasbak en 'n toilet in die badkameer. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.
Hierdie ateljeewoonstel het ook 'n kombuis wat met 'n gasstoof, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Daar is ook 'n wasmajsien. Die kombuis lei na 'n eetarea. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV. Gratis WiFi is beskikbaar.
Hierdie leefarea lei na 'n balkon met sitplek en 'n uitsig oor die tuin en die swembad. Die La Lucia Mall, restaurante, gimnasiums en sportkroeë is almal binne 'n 2 km-radius van die verblyf. Gewilde promenades, winkels, restaurante en strande is ongeveer 10 minute se ry ver.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Rich Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 11
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- 41 Gainsford Place, La Lucia, Umhlanga, 4051, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Sea Vista het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 41 Gainsford Place, La Lucia, Umhlanga, 4051, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang