Sea Vista
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 41 Gainsford Place, La Lucia, Umhlanga, 4051, KwaZulu-Natal
- Vanaf R750 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Sea Vista is 'n ruim ateljeewoonstel met 'n privaat ingang verbonde aan die eienaar se eiendom wat in die hartjie van La Lucia, Umhlanga geleë is. Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n gesin of 'n klein groepie vriende wat die Dolfynkus wil verken.
Dié woonstel met lugversorging het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 'n oopplan-ontwerp. Dit is ingerig met 'n koningingrootte-bed en 'n dubbelbed. 'n Stort, wasbak en toilet is in die badkamer beskikbaar. Kwaliteit linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.
Hierdie ateljeewoonstel het ook 'n kombuis wat toegerus is met 'n gasstoof, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Wasmasjien is ook beskikbaar. Vanuit hierdie kombuis lei 'n eetarea waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV. Komplimentêre WiFi is beskikbaar.
Hierdie leefarea maak oop op 'n oulike balkon met sitplek wat uitkyk oor die eiendom se tuin en swembad wat gaste kan gebruik om af te koel op daardie warm somersdae. Die La Lucia Mall, restaurante, gimnasiums en sportkroeë is alles binne 'n radius van 2 km van die eiendom af. Gewilde promenades, winkels, restaurante en strande is ongeveer 10 minute se ry weg.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Rich Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 11
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- 41 Gainsford Place, La Lucia, Umhlanga, 4051, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Sea Vista het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 41 Gainsford Place, La Lucia, Umhlanga, 4051, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang