Seabreeze 10
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 46 Iphahla Lane, Shaka's Rock, Dolphin Coast, 4399, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 389 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Seabreeze 10 is 'n bekoorlike woonstel op die grondverdieping wat in 'n veilige kompleks in Shaka's Rock geleë is. Dit is ook net 300 m se stap vanaf die strand.
Dié woonstel bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die gaste in hierdie 2 slaapkamers deel die gastebadkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, basiese eetgerei, breekware, koffie- en teemaakgeriewe, skottelgoedwasser en 'n wasmasjien toegerus. Dit lei na 'n etenstafel met sitplek vir 6 wat verder na 'n sitarea met gemaklike rusbanke en 'n slim-TV met Netflix lei. Gratis WiFi is beskikbaar.
Skuifdeure lei na 'n stoep met 'n tuin, stoepmeubels en 'n houtskoolbraai.
Gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike swembad wat omhein is en veilig vir kinders is. Twee veilige parkeerplekke is op die perseel voor die motorhuis beskikbaar. Die motorhuis is nie vir gaste se gebruik nie.
Daar is 'n omsetter wat krag aan alles kan voorsien buiten die groot toestelle en stoof/oond.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Ballito
Accommodation ...
Eiendomme 100+
Resensies 361
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- 46 Iphahla Lane, Shaka's Rock, Dolphin Coast, 4399, KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 46 Iphahla Lane, Shaka's Rock, Dolphin Coast, 4399, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang