Successfully reported
+30

Claptons Beach 10

Selfsorg
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Geen kinders onder 2
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Island Palm Street, Claptons Beach 10, Marina Martinique, 6332, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 400 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Claptons Beach 10 is 'n gerieflik gemeubileerde selfsorg-eenheid vir 5 mense in Marina Martinique, Jeffreysbaai.

Die duplekswoonstel beskik oor 3 slaapkamers, 1 badkamer, 'n kombuis en 'n sitkamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, en die tweede slaapkamer is ook ingerig met 'n dubbelbed. Die derde slaapkamer is ingerig met 'n driekwartbed, en die slaapkamers deel die gebruik van 'n badkamer wat toegerus is met 'n bad en 'n stort oorhoofs. 'n Gastetoilet, asook 'n warmwaterbuitestort is beskikbaar om die seesand af te spoel. Gerieflikheidshalwe word linne voorsien, en gaste moet asseblief hul eie bad- en swemhanddoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n stoof en oond, 'n mikrogolfoond, 'n yskas, eetgerei en breekware, potte en panne, asook tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Skottelgoedwasser en 'n wasmasjien is ook beskikbaar vir gaste om te gebruik.

Gaste kan ontspan in die sitkamer wat toegerus is met 'n TV met DStv Now, Netflix, Showmax en gratis WiFi, en gaste is welkom om hul dekodeerder, afstandbeheer en slimkaart saam te bring om na nog DStv-kanale te kyk.

Die leefarea maak oop op die patio wat 'n ingeboude braai het en uitkyk oor die kompleks en gemeenskaplike swembad. Die kompleks het ook 24 uur-sekuriteit.

Marina Martinique bied verskeie restaurante en doendinge soos branderplankry, swem, snorkel, visvang, asook besienswaardighede soos die Waterpark.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

1

1 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Mooi uitsig
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Stroomdienste
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 7 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.7
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Esmé Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 7

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Island Palm Street, Claptons Beach 10, Marina Martinique, 6332, Oos-Kaap
  • Gaste dink Claptons Beach 10 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 400
per nag (plek vir 5)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 400
per nag (plek vir 5)
Vanaf
R 1 400
per nag (plek vir 5)
Bespreek
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Geen kinders onder 2
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Island Palm Street, Claptons Beach 10, Marina Martinique, 6332, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA39ff52789c9f98c7684d74c532e31520c4995a16455932f53a5283d07cafb94dbc2ca15687f15638b0d7d93a55d0e0c4febc?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag (plek vir 5) 7 5 1 5 Island Palm Street Claptons Beach 10 6332 Oos-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -34.076364312755 24.919638980981

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang