Seabrook Apartment 701
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: William O'Connor Drive, Margate Main Beach, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 300 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Seabrook Apartment 701 is 'n selfsorgdakwoonstel in 'n veilige kompleks in Margate. Die woonstel spog met 'n pragtige uitsig op die branders en oor Margate se hoofstrand van die leefarea en balkon af.
Dié ruim woonstel op die boonste verdieping het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 3 en suite-slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Daar is 'n enkelbed, 'n tripelstapelbed met 'n dubbelbed onder en 'n enkelbed bo in die derde slaapkamer. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n ovaalbad en 'n aparte stort en die tweede en derde slaapkamers het elk 'n en suite-badkamer met 'n stort.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas, mikrogolf, oond met 'n stoof en ander basiese kookgerei toegerus. Die eetarea het 'n etenstafel met stoele en die sitarea het 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Die leefarea lei na 'n balkon met 'n mooi uitsig oor die see.
Seabrook is naby winkels, banke, klubs, restaurante en ander vermaakgeriewe in die omtrek.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Tripelstapelbed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.3/5
Jan Geverifieer
Eiendomme 14
Resensies 19
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- William O'Connor Drive, Margate Main Beach, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Seabrook Apartment 701 het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: William O'Connor Drive, Margate Main Beach, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang