SeaClusion
-
Kapasiteit: 10 persone
8 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 12 Nkwazi Drive, 345 Nkwazi Ridge Estate, Zinkwazi Beach, 4480, KwaZulu-Natal
- Vanaf R3 938 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
SeaClusion is 'n selfsorghuis op 'n veilige landgoed in die kusdorpie Zinkwazi-strand, KwaZulu-Natal. Hierdie huis is ideaal vir vriende en familie wat op soek is na 'n ontspanne wegbreek vanwaar die omliggende gebiede verken kan word.
Dié huis het slaapplek vir 8 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 5 slaapkamers en 6 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die tweede en derde slaapkamer het 2 enkelbeddens, die vierde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die vyfde slaapkamer het 'n stapelbed vir kinders. Die laaste 4 slaapkamers het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die vyfde badkamer het slegs 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die ruim kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n toonbank met stoele toegerus. Gaste het toegang tot 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër in die opwaskamer. Die sitarea het 'n gemaklike rusbank en 'n TV met DStv en stroomdienste, en daar is 'n etenstafel. WiFi is beskikbaar.
Die onderdakstoep het 'n kroeg met 'n yskassie, stoele, 'n ingeboude braai en meubels. Gaste het toegang tot 2 motorhuise, die gemeenskaplike swembad, klubhuis en tennisbaan op die landgoed. Hierdie verblyf is naby plaaslike geriewe, soos winkels, restaurante en die strand.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Kinderstapelbed
Stort, Toilet
Badkamer
Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Engela Geverifieer
Eiendomme 48
Resensies 14
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- 12 Nkwazi Drive, 345 Nkwazi Ridge Estate, Zinkwazi Beach, 4480, KwaZulu-Natal
-
Kapasiteit: 10 persone
8 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 12 Nkwazi Drive, 345 Nkwazi Ridge Estate, Zinkwazi Beach, 4480, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang