Successfully reported
+35

Seascape Lodge 38 Uvongo

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 08:00
  • Adres: Nicholson Drive, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R400 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Seascape Lodge 38 Uvongo bied gerieflike selfsorgverblyf op die eerste vloer van 'n veilige kompleks in Uvongo, net 800 m van Uvongo se hoofstrand af en 7 minute van Shelly Beach af.

Hierdie selfsorgwoonstel beskik oor 'n hoofslaapkamer, 'n badkamer en 'n oopplan-leefarea, -eetarea en kombuisarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, die badkamer beskik oor 'n stort-oor-bad, die oopplan-leefarea het 'n enkelbed en 'n tripelstapelbed. Die oopplan-kombuis is met 'n yskas, 'n oond en stoof, 'n mikrogolf, 'n ketel, eetgerei en breekware toegerus. Die woonstel het toegang tot ondergrondse parkeerplek en gaste kan ook gebruik maak van die gemeenskaplike swembad en braaigeriewe.

Beddegoed word voorsien, maar gaste moet hul eie komberse saambring. DStv-toegang is beskikbaar, maar gaste moet hul eie dekodeerder/Explora en slimkaart saambring. Slegs die skottel word voorsien. Gaste moet ook skoonmaakmiddels en afdrooglappe saambring.

Let asseblief daarop dat geen diere of troeteldiere van enige aard toegelaat word nie.

Seascape Lodge is naby 'n Spar-kruidenierswinkel en 'n seekosrestaurant geleë. Uvongo is 'n ontspanne vakansiedorpie aan die Hibiscuskus van KwaZulu-Natal. Hier kan jy luilekker dae op die strand deurbring, reservate besoek, by restaurante gaan eet, in winkels gaan rondsnuffel en 'n potjie gholf speel. Nabygeleë besienswaardighede en doendinge sluit die sardientjieloop tussen Mei en Julie, Uvongo Natuurreservaat, Oribi Gorge Natuurreservaat, Riverbend Krokodilplaas, Skyline Natuurreservaat en die strande aan die Suidkus in.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Leefarea 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Leefarea

4

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Tripelstapelbed

Badkamer

Stort-oor-bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Wassery naby
Swembad
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 58 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Suzette V
5.0
Was heerlike wegbreek, sal dit aanbeveel. Baie aangename verblyf gewees, naby aan hoofstrand, en binne loopafstand van winkels. Genoeg pakplek. Braai ...
Sien meer
Jul 2025
Rina K
Gesin met tieners
5.0
Baie lekker gebly! Baie netjies, en waarde vir geld!
Mei 2025
Rechardt S
5.0
Gerieflik, vriendelike en stil omgewing. Ons het lekker gebly. Sal weer daar bly. Lekker afstand van die see af.
Apr 2025
Natasha V
5.0
Gerieflik skoon en netjies. Sal definitief aanbeveel. Sien sterre.
Apr 2025
Danie J
4.0
Rustige wegbreek buite seisoen, baie stil. Waarde vir geld. Goeie sekuriteit, ligging ens.
Sep 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Anna Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 58

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Nicholson Drive, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Seascape Lodge 38 Uvongo het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 400
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 400
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R 400
per nag (plek vir 6)
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 08:00
  • Adres: Nicholson Drive, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDBlYjgxNDdhLTM3MzEtNDFlNC05ODYwLTI1NmNmMzJhNmEzZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R400 per nag (plek vir 6) 58 5 1 5 Nicholson Drive Uvongo 4270 KwaZulu-Natal 021 201 8901 15:00-19:00 08:00 -30.831474849759 30.395980775356

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang