Sedgefield Island Holiday House
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 15 President Burger Street, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
- Vanaf R3 200 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Sedgefield Island Holiday House is 'n bekoorlike selfsorgvakansiehuis op The Island, 'n kort entjie vanaf die bekende Wild Oats Market in Sedgefield. Hierdie lieflike huis is troeteldiervriendelik en spog met 'n privaat swembad. Dit is ideaal vir 'n gesin of groep vriende wat saam reis.
Dié dubbelverdieping bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers. Die boonste verdieping beskik oor 3 slaapkamers waarvan 2 elkeen 2 enkelbeddens het. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed. Die gedeelde badkamer het 'n bad, toilet en 'n wasbak. Die vierde slaapkamer op die onderste verdieping het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is ook 'n aparte badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n sitarea, etenstafel en 'n kroegarea. Die kombuis is met 'n yskas, mikrogolfoond, oond, stoof, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n wasmasjien toegerus.
Skuifdeure maak op die gedeeltelik beskutte stoep met 'n etenstafel oop. Dit lei verder na die groot tuin met 'n ingeboude braai-area en 'n privaat, omheinde swembad. Daar is genoeg spasie vir kinders en troeteldiere om te hardloop en speel.
Ander geriewe sluit onbeperkte WiFi, die volle DStv-pakket, lugversorging in die hoofslaapkamer en leefarea, herlaaibare ligte, 'n alarmstelsel en onderdakparkeerplek in.
Sedgefield, ook bekend as 'Africa's First Slow Town', is die tuiste van verskeie buitelug-aktiwiteite, insluitend visvang, valskermsweef en swem. Daar is 'n wye verskeidenheid restaurant en winkels, asook die plaaslike boeremark wat elke Saterdag plaasvind, net langs die pad van Sedgefield Island Holiday House.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Carene Geverifieer
Eiendomme 24
Resensies 31
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- 15 President Burger Street, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
- Gaste dink Sedgefield Island Holiday House het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 15 President Burger Street, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang