Seehuis
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 56 Mthunzi Avenue, Khamangabay, Chintsa, 5275, Oos-Kaap
- Vanaf R1 500 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Seehuis is 'n pragtige grondvloer-eenheid in die Khamangabay Estate in Chintsa aan die Wildekus. Dié kusdorpie het lieflike sandstrande, duinwoude, strandmere en riviere.
Die eenheid het 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Albei kamers het skuifdeure na buite.
Die oopplan-leefarea en kombuis is toegerus met 'n stoof, mikrogolf, yskas, breekware, eetgerei en 'n ontbyttoonbank met stoele. Verder is daar 'n gemaklike sitarea en 'n TV met DStv.
Die leefarea het skuifdeure na 'n stoep met 'n braai en 'n pragtige uitsig oor die see.
Seehuis is net 70 m van die strandfront af en die landgoed het 'n privaat paadjie wat direk na die strand lei.
Daar is talle eetplekke in die omgewing en besienswaardighede sluit die Inkwenkwezi Privaat Wildreservaat en die Olivewood Golfbaan, wat slegs 3 km ver is, in.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Petro Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 30
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- 56 Mthunzi Avenue, Khamangabay, Chintsa, 5275, Oos-Kaap
- Gaste dink Seehuis het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 56 Mthunzi Avenue, Khamangabay, Chintsa, 5275, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang